Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon."
"Dit is voorwaar 'n plek wat mens bekoor en al die eetplekke en winkels is ongelooflik. Definitief 'n moet vir elke mens om ten minste een keer te besoek en te oornag."
"Was a little disappointed as it was quite shabby and of course a beautiful beach that you had to walk your dogs on with a lead. The Wolfgat restaurant has an excellent location."
"Beslis ingestel op uitbuiting van toeriste, alhoewel die eetplekke aan te beveel is."
"Die Dorpie self is wonderlik en ons het lekker gekuier by die Hotel se kroeg, dis loopafstand van die huis af."
"Die was nie ons eerste keer op Paternoster nie, en sal ook nie die laaste wees nie. Was beslis die beste plek waar ons al gebly het. Jammer dat die diefstal so toeneem, dit plaas nogal 'n demper op 'n mens se vakansie om alles heeltyd toe te sluit. Dit het nie juis in die winter gepla nie, was lekker "cosy" en warm in die toe huis, maar in die somer raak dit 'n probleem!"
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Enigste bekommernis was veiligheid, maar ek het nooit onveilig gevoel nie. Pragtige strand!"
"Ja met elke besoek brei die plek uit, sou nie wou hê dit moet nog meer uitbrei nie, want dis juis wat dit so uniek maak. Daar is nou soveel eetplekke en almal wil hul pond vleis hê. Hou pryse billik vir jul mede Suid-Afrikaners, want die geskenkwinkels is net vir oorsese besoekers wat prys aanbetref. Verder is die dorp nog skoon en almal is vriendelik."
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."
"As jy wil afskakel en ontsnap van al die gewoel, is dit die plek om na toe te vlug."