Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 991 resensies.
"Om op 'n plaas net so klipgooi van Dullstroom se hoofstraat te bly, was nog altyd vir ons beter omrede dit stilte verskaf!"
"Pragtige dorpie om 'n dag of wat te verken. Wild about Whiskey 'n moet vir die whiskey- en gin-drinkers."
"Dullstroom baie vergroot en verander - ek het meer van die ou dorp gehou! Goeie wegbreek veral vir die omgewing en forelhengel. Goeie op-pad-na- êrens-oorblyplek."
"Straatligte in hoofstraat het glad nie gewerk nie. So dit was baie donker en het onveilig gevoel om 250 m te loop vanaf die restaurant na die verblyf."
"Such a friendly and wonderful town. Loved the vibe and the friendly people and service."
"Our favourite destination within reasonable travel time from Johannesburg. Kingklip meal at Mrs Simpson of international standard. Harry's Pancakes up to its long-standing standards. Some of the shop assistants could have been more customer attentive, and less nonchalant."
"Lekker eetplekke en winkeltjies. Mooi omgewing en natuur. Die grondpaaie in die omgewing is egter maar sleg, sal dit nie met 'n lae motor aandurf nie."
"Pragtige dorpie met so baie dinge om te doen en sien! Besoek verseker die Birds of Prey and Rehabilitation Centre, dit was die hoogtepunt van ons vakansie."
"Dink nie mens het meer as een vol dag nodig by Dullstroom nie. Tensy jy visvang."
"Dullstroom is 'n klein paradys tussen anderste vaal dorpies om dit. Ek hou baie van die atmosfeer. Daar is altyd 'n lekker "vibe"."
"Daar is sigbare moeite gedoen om die dorp te verfraai om weer 'n lekker toeriste-bestemming naby Gauteng te wees!"
"Dullstroom vol toeriste met baie eetplekkies en winkels om hulle besig te hou."
"Dullstroom is 'n heerlike dorpie met baie om te doen. Ons kon in die 2 volle dae wat ons daar was, nie by alles uit kom nie. Definitief 'n plek waarheen ons weer sal gaan. Die Birds of Prey Rehab Centre is definitief my gunsteling plek wat ons die naweek besoek het."