Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 991 resensies.
"Gerieflik naby aan Gauteng. Lekker verskeidenheid winkels en eetplekke. Ideale naweekbestemming."
"Die atmosfeer in die dorpie is heerlik en daar is baie om te sien en doen. Ons sal vir seker weer gaan kuier. Dit bied 'n verskeidenheid eetplekke en die mense is baie vriendelik."
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Afgesien van al die straatverkopers wat partykeer jou kan lastig val, bly dit nogsteeds een van die gewildste dorpies om oor 'n naweek te besoek."
"Ons was verstom oor die agteruitgang van die paaie in Dullstroom. Soos altyd lekker vis gevang en gekuier."
"Bergfiets, perdry, trout-damme by die hope, kleiduifskiet, en natuurlik eet-, drink- en kuierplekke."
"Fun, but slightly expensive shops and restaurants. The Birds of prey centre was definitely the highlight."
"Everything is great and the people are awesome, but the constant heavy truck traffic along the main Dullstroom road makes it very unpleasant to try and enjoy any of the great restaurants."
"Dullstroom is puik. Geslote parkering is 'n moet. Kan nie voertuie buite laat vir diefstal nie."
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"Die swak paaie in die dorp en omliggende area is vreeslik swak. Myn- en landbou-trokke moet liefs nasionale paaie gebruik om goedere te vervoer."
"We sadly could not enjoy the full hospitality of Dullstroom due to the lockdown. However, it has motivated us to make it a destination in future. Adriaan at Cspirit makes a mean Americano and we received wonderful service from everyone we encountered."