Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 991 reviews.
"Lekker interessante naweekwegkomkans nie te ver van Pretoria of Johannesburg nie, selfs al is jy nie ;n visserman nie."
"Dullstroom baie mooi netjies, skoon en vriendelike mense. Lekker wegsteek-plekkies om te eet en besoek weg van die hoofstraat af. Besoek gerus."
"Dinsdae is die meeste plekke toe en dit het ons nie vooraf geweet nie. Jy moet jou tyd reg kies anders gaan jy op baie plekke voor dooie mans deur te staan kom. Hoofsaaklik 'n naweekbestemming."
"Die pad na Dullstroom is nie goed nie, die government kan gerus daaroor dink dat Dullstroom 'n goudmyn is vir ons ekonomie. Hulle moet gerus iets doen. "
"Tipiese plattelandse dorp waar die munisipaliteit die plek toelaat om te verwaarloos. Baie jammer!"
"Dullstroom has changed from the past trips we have made there. There are a lot of trucks using the road to and from Dullstroom, which has made it much busier than before, plus leaving more potholes than usual. There are still the old favorite shops, restaurants and new locations. Still will be visiting in the area."
"Dullstroom is 'n mooi klein dorpie, dis net 'n jammer vir al die groot slaggate in die paaie in en om Dullstroom, verder is dit 'n moet om 'n draai te maak in Dullstroom."
"Altyd lekker om die winkels deur te loop en ’n wye verskeidenheid eetplekke."
"Behalwe vir Mrs Simpson is daar nie baie goeie keuses vir kos nie, behalwe pub middagetes of wegneemetes nie. Daar is nie wonderlike supermarkte nie. Die plekke maak laat oop. Die visvang is nie maklik bekombaar nie."
"Ek dink net dat hulle dalk meer op soekenjins kan sit vir mense wat regtig nie weet waar en wat nie. Lekker atmosfeer, vriendelike mense orals. Sorg maar dat jy genoeg geld om te spandeer saamvat, dit is nie 'n goedkoop dorpie nie. Aanbeveel: Anvil Ale House - heerlike plaaslike biere. Mayfly - heerlike pizzas - regte waarde vir geld; Wild about Whisky - nie net vir whiskey-proe nie. Ek kan regtig die gin-proe aanbeveel. Toeristedorpie, so baie besig oor naweke, maar almal is vriendelik en die motorwagte stel hulself aan jou voor."
"Res van Dullstroom was lieflike ervaring. Birds of Prey is belewenis. Selfs die weer het tipiese Dullstroom weer vir ons gelewer om kaggels op te soek."
"Had lunch at the Dullstroom Inn, service a bit on the slow side, but still an old favourite. Dinner at Mrs Simpson was simply outstanding."
"Pragtige dorpie vol verrassings. Dis jammer dat soveel van die restaurante en besighede swaarkry onder die druk van Covid-19. Van ons gunstelingwinkeltjies is nie meer daar nie."
"Dullstroom is 'n wonderlike wegbreekplek. Mooi eetplekke, koffiewinkels, ens. Met ons aankoms het die regering weer drankverbod ingestel wat die totale atmosfeer bederf het. Restaurante was leeg. Verblyf baie goed, maar dorp stil."
"Ons was daar oor 'n Maandag en Dinsdag en alles was toe! Hier en daar was winkeltjies oop en het dit vreeslik geniet."
"Mal oor Dullstroom. Pragtige klein dorp met die mooiste berge. Verseker 'n bestemming om heen te gaan om te ontspan."
"Lovely little place to visit, close to JHB and Kruger. Best place to stay over when you travel to Kruger or Limpopo or Mpumalanga."