Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 991 reviews.
"Dullstroom is unique and has many different shops to explore. A beautiful village that we as South Africans can be proud of."
"Dullstroom is wonderlik! Ons is baie lief vir Dullies en sal dit vir enige iemand aanbeveel. In die somer is die weer matig en lekker, en in die winter is dit koud, maar elke plek het lekker vuurtjies wat brand met 'n knus atmosfeer en as dit sneeu is jy dubbeld gelukkig!"
"Dullstroom bly Dullstroom. Dit is altyd 'n lifelike plek om na te gaan. Die winkeltjies is ongelukkig besig om bietjie agteruit te gaan. "
"Dit 'n interessante plek en goeie wegbreek vir 'n naweek. Maak net voorsiening vir genoeg warm klere in die winter."
"Ja die Kruger-huis is omtrent net oorkant die pad en die trein ervaring is prysloos!"
"The Mayfly restaurant's food was delicious and has a warm, welcoming atmosphere. The Bird's Prey Rehab's demonstrations and feedings are a must to experience!"
"Bird of Prey sentrum is 'n moet om te beleef. Wild about whiskey is iets uniek. Poacher is beslis my gunsteling kroeg."
"Ons was in die eerste helfte van die week daar, en ongelukkig was baie van die winkels en stalletjies toe. Gevolglik kon ons nie als sien wat te siene is nie. Ons sal wel weer in die toekoms teruggaan! Die mense is oor die algemeen vreeslik vriendelik en behulpsaam, wat ons baie tuis laat voel het in die dorp. Ons het die mooiste horlosies gekoop, het heerlik gaan whiskey proe en ook ongelooflike lekker forel te ete gekry!"
"Mis al die ou winkels. Te veel beeldjies, ens. Restaurante en pubs was lekker. Sekere plekke baie duur."
"The town was not as I remembered it from 15 years ago. The roads is falling apart, and half of the traffic consists of heavy transport vehicles and trucks. Still the staff in the shops was very friendly and helpful. The citizen of the town made us feel welcome everyday. "
"Bird of Prey rehabilitasie sentrum is 'n moet om te besoek. Die dorpie is baie stil tydens die week en na 5 kry mens skaars 'n restaurant oop."
"Baie lekker, maar die karwagte is opdringerig en daar is mense wat geld bedel."
"Dullstroom het sy eie bekoring en 'n hoogtepunt vir ons was 'n besoek aan die Birds of Prey Rehabilitasie sentrum. Om uit te eet is redelik bekostigbaar in vergelyking met pryse in die stad, maar ons het gevind dat die pryse van handelsitems onnodig duur is en gefokus is op die oorsese mark. Soortgelyke produkte kan teen laer pryse elders aangekoop word."