Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1067 resensies.
"Karaktervolle Karoo-dorpie in pragtige omgewing met talle goeie eet- en kuierplekke, met iets vir almal in die gesin."
"There's not an awful lot to but there are a handful restaurants in town. Very safe. "
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"
"As jy die dorp en sy mense wil leer ken, maak ‘n punt daarvan om Saterdagoggend, 7:00, die parkrun by die sportveld by te woon. Dis die moeite werd! Daar is ook geleentheid vir goedwilligheid."
"Fantastiese dorp, geniet die rustigheid en die voorreg om tot laat aande in die strate te kan loop. "
"At the moment - super dry. But these people have not let go of their pride of looking after and maintaining their pride and joy. Super proud of them."
"Jy kan nie net een nag in Prins Albert oorbly nie! Onthou die Rude Chef Bistro mag jy nie misloop nie. Prins Albert is 'n voorbeeld vir die res van Suid-Afrika. Hele dorp is skoon en netjies, mense is happy, opheffing is groot, munisipaliteit is effektief. Dankie Prins Albert, julle is ‘n great team!"
"Te min tyd gehad om reg daaraan te laat geskied. Sal beslis weer besoek. Heerlike etes geniet by Swartberg Hotel (aandete) en Lazy Lizzard (ontbyt)."