Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 247 resensies.
"Beautiful little village which I will definitely visit again. Lovely shops and restaurants."
"'n Lieflike dorpie en interessante omgewing wat beslis 'n paar dae se oorbly werd is."
"Pragtige plek! Rustig en veilig. Mooiste kuns en vermaak! Julle sien ons baie gou weer."
"Pragtige dorp met pragtige omliggende natuur en interessante eetplekkies en winkels."
"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."
"Lovely place, very chilled, most shops and businesses closed on a Saturday afternoon."
"Great little place with heart and soul, I will definitely be back! Kind locals who are proud of their town and always happy to share their knowledge. A nice mix of stores and places to eat and drink. And beautiful scenery all around. "
"Ons was baie beïndruk met die algehele skoonheid. Wonderlike restaurante in Riebeek-Kasteel. "
"Lovely and quiet destination away from the city, great food, coffee, wine, olives, art galleries, interior decor shops and more. "
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg."
"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorp. Die mense is vriendelik en plat op die aarde. Die Riebeek Vallei Kwekery is absoluut fantasties en vir enigeen wat lief is vir tuinmaak en hou van inheemse plante kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Die plek is 'n juweel en die eienaar se kennis is ongelooflik. Die hele vallei is iets besonders."
"Dit is 'n baie oulike plekkie en natuurlik met die olyfplase en markie wat hulle bied maak dit nog meer aanloklik."
"Pragtige dorpie met daardie tipiese plattelandse gevoel. Soveel interessante dinge om te sien en te doen. Beans about Coffee en Mama Cuccina restaurant is uitstekende eetplekke."
"I love this little South African Gem! I would recommend a visit to Riebeek to anyone. "