Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 247 resensies.
"'n Besondere, landelike streek met vriendelike mense en dorpe wat goed bestuur en versorg word."
"Riebeeck-Wes is 'n rustige dorpie, 'n klipgooi vanaf Riebeeck Kasteel, waar daar oulike snuffel- en kuierplekkies is. Dorpies met aantreklike atmosfeer, naby Durbanville, Kaapstad."
"Vir 'n een dag die dorp ervaring is dit 'n belwenis, tensy 'n mens bereid is om die omgewing ook te verken en dan rond te ry."
"Baie mooi dorp en daar is dinge wat jy kan doen en wynproe ens. Die nabygeleë dorpe is net om die draai. Baie eetplekke om van te kies."
"Wonderlike dorp om 'n naweek in deur te bring. Pragtige winkels met ongelooflike lekkernye. Ons gunsteling winkel was "Roes", 'n oudhedewinkel. So baie goed om te koop! "
"Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes is 'n heerlike wegbreek van die Kaap af. Nie te ver nie en die omgewing is pragtig."
"Die mooiste dorpie. Vriendelike mense orals en heerlike restaurante en wynplase. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Oulike dorp met baie karakter en vriendelike mense."
"Such a lovely quaint town. Very clean and well kept. Interesting restaurants and shops. A must see."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige dorpie met baie mooi winkeltjies en uitstekende resturante om by te eet. Lekker naby die Kaap geleë vir daguitstappies."
"Wat 'n ongelooflike dorpie! Dit voel asof jy in 'n ander land instap! Soveel besienswaardighede en uitstaande restuarante! Sal vir seker weer kom kuier!"
"Met al die wynkelders wat tans weens COVID-19 gesluit is word die vermaaklikheidsopsies bietjie beperk. Daar is nogtans genoeg ander besienswaardighede waarmee besoekers hulle kan besig hou."
"Riebeek Kasteel is naby Kaapstad met 'n gesellige plattelandse dorpatmosfeer. Dis naby aan al die bekende wynplase en ander dorpies is naby genoeg om te besoek, soos Tulbach. Daar is goeie restaurante in die dorp ook."
"'n Pragtige dorpie met heerlike restaurante, winkeltjies en wynplase. Pragtige groen druiwe rondom dorpie maak dit mooi om aan die einde van die jaar te besoek."
"Ons eerste keer daar en dis ongelooflik skoon en netjies. Ryk aan geskiedenis en gasvry!"