Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 484 reviews.
"Love Sabie-area. Lots to see on the Panorama Routes, stunning places and a must see if never seen before!"
"Sprokiesmooi natuur. Daar kan beslis aandag gegee word aan die paaie in Sabie, veral Ou Lydenburg-weg."
"Some of the roads are damaged badly and due to fact that there are no street lights in most of Sabie, it can become a costly affair with regards to tyres. Sabie is also quite far from the Kruger National park, intense drive there then drive again in the park."
"In Sabie self kan hulle meer andag gee aan die potholes op die paaie en die dorp se rommel meer optel. Verder is dit 'n aangename plek vir 'n wegbreek. Was al 7 keer in die omgewing. Sal weer gaan."
"Ongelooflike vriendelike mense van die petroljoggies tot die oordbestuurder. Heerlik geëet by die treinrestaurant."
"Jammer al die natuurbesoekpunte het nou 'n kostefaktor by. Gelukkig is dit in die meeste gevalle nog steeds bekostigbaar. Dit bly 'n pragtige wêreld en is gerieflik om vandaar ook die Krugerpark te besoek."
"Die dorp is sentraal geleë in 'n mooi omgewing en mens kan maklik vir daguitstappies na verskillende plekke uitry."
"Dit is die mooiste omgewing en die skoonheid van die natuur is absoluut wonderlik. Daar is so baie om te sien dat die paar dae net te min was. Ons sal beslis weer daar wil gaan kuier."
"Daar is baie om te sien en te doen in die omgewing, jy moet net bietjie huiswerk doen en jou oë oophou."
"Dis 'n pragtige dorp en baie sentraal geleë in terme van besienswaardighede. Dis net vreemd dat die Inligtingsburo sluit op vakansiedae en naweke, wanneer toeriste die dorp besoek."
"Ongelooflike omgewing en natuurskoon met baie besienswaardighede. Beslis 'n top toeristebestemming vir enige ouderdom!"
"Sabie is a great place to travel to. Love the waterfalls and all the adventure from Sabie to Graskop. Great place."
"Pragtige dorpie met uitstekende en interessante restaurantjies. Daar is 'n Spar en Tops vir al jou basiese benodigdhede. Vriendelike personeel by die Engen/Wimpy. Sabie is naby aan besienswaardighede. Sal beslis weer dié dorpie besoek."