Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 484 reviews.
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Dorpie self is maar vervalle maar die besienswaardighede is die moeite werd."
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Die mense is baie vriendelik. Ons het welkom gevoel by al die winkels en restaurante. "
"We do travel a lot in that area and we experience the town and it's economy to fall behind."
"Oor die algemeen baie aangenaam om daar vakansie te hou en die besienswaardighede is naby."
"The entrance to the tourist information next to Wimpy was disgusting as it was littered with boxes and rubbish bags. Keep your pretty little town clean! Not a good sight. "