Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 620 reviews.
"Bootrit met uitstekende kaptein/gids 'n moet. Rit na iMfolozi Wildpark (en dalk ook Hluhluwe) nog 'n moet. Krokodil- en slangpark 3de moet. Die see en hele omgewing 'n 4de moet."
"Beste plek om die Noordkus te geniet as mens nie die kostes van KZN Parks kan bekostig nie."
"Min winkels wat dit lekker maak! Maar die strande kort aandag met netheid en strenger reëls. "
"Quiet and quaint little town. Clean, big beaches. Amazing nature, animals and views."
"It was nice and quiet during our stay in April, in full season it might be too crowded."
"Dit was my eerste keer wat ek na St Lucia gegaan het vir vakansie en dit is 'n wonderlike, pragtige plek. Alles is skoon en Cape Vidal is die heel mooiste strand wat ek nog ooit by was. Dit is beslis die beste plek om vakansie te hou. "
"Pragtige tropiese dorpie omring deur ongerepte natuurskoon en wilde diere."
"Die hele omgewing is skoon en die dorpie is die vriendelikste wat ons nog beleef het van n kus dorpie, al die mense is vriendelik en behulpsaam en pryse is ook redelik by restaurante en winkels."
"Die toestand van die dorp het agter uit gegaan. Vir die eerste keer potholes opgemerk. Strand is vol olie en drankbottels gewees. Cape Vidal wat naby is het dit egter die moeite werd gemaak. "
"So mooi die see koeie is natuurlik die grootse aantrekking van alles en die mense van die dorp is so verwelkomende."
"Dit is asembenemend mooi! Ek sal almal aanraai om die rit op die vleiland mee te maak. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie. Die bestemming is definitief die moeite werd!"
"Beste bestemming om lekker vis te vang, die natuur en wild te geniet en lekker op die strand te baljaar!"
"St Lucia bly 'n pragtige dorpie, baie skoon en ek hou van die deursoek van die voertuie by al die belangrike plekke!"
"Die besienswaardighede se tariewe is uitsonderlike hoog en onbetaalbaar veral as jy 'n groot gesin is. "