Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 688 reviews.
"Klapmuts is sentraal geleë en dus naby Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl: dit sluit in verskeie wynplase en ander besienswaardighede. Perfek geleë om enige rigting in te slaan soos dit jou pas - of jy nou see toe ry, of net geskiedkundige monumente wil besoek! Bonuspunt: maak nie saak waar nie - jy sien vir Tafelberg!"
"Pragtige natuurskoon en die baie bome maak dit mooi om in die omgewing te ry. Die paaie is bietjie deurmekaar maar met GPS/Google Maps kom jy vinnig reg. Die area vertoon skoon en ons het veilig gevoel. Daar is 'n baie lekker Spar by die Boord daar naby en Bo Dalsig voel baie sentraal geleë van waar ons wou heengaan. "
"Verkeer is iets om te ervaar, spitstyd begin teen omtrent 15:00. Mense is baie beleef en versigtig."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Laanhof"Ons het my dogter geneem om Stellenbosch Universiteit te besoek. Ons is gaande oor die ligging, veiligheid en algemene gevoel van veiligheid wat die gebied bied. Dis beautiful en maklik bereikbaar vanaf die lughawe."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Avemore Eikehoff No 2"Baie veilig om rond te stap en die geskiedkundige geboue te besoek. Oral skoon en netjies. Baie sekuriteit gesien. Baie straatkafees en kuierplekke om jouself te geniet. Alle kommoditeite is binne loopafstand."
"Stellenbosch is steeds een van ons gunsteling plekke om oor naweke te besoek. Dit bly volgens ons een van die mooiste plekke in die land. "
"Vir Gautengers is die omgewing natuurlik onbeskryflik mooi. Die area is baie skoon en netjies en ons het nooit onveilig gevoel nie."