Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 627 resensies.
"Heerlik by die hawe, strande mooi skoon, baie geskenk winkeltjies, genoeg uiteet plek tussen Struisbaai en L'Agulhas."
"Heerlik vir visvang en ’n stil, rustige vakansie. Paar reisbestemmings in die omgewing om te besoek, bv. Agulhas en Arniston. Min geleentheid vir aankope ens, maar nie 'n probleem nie - kon alles kry wat ons benodig."
"Ek dink dis tyd vir 'n Checkers, Pick & Pay, Spar of Woolies in die dorp. Die OK doen dit nie vir my nie, maar dis maar my opinie."
"Great little town. I would recommend reading up on the local restaurants. Love the lighthouse and the historic narrative."
"Die stingrays by die hawe is amazing om te sien en die kos by die restaurant daar is lekker met 'n mooi uitsig. Die water was mooi, verskillende blou skakerings en sonsondergang amazing."
"Lekker om by die hawe te kuier en eet. Met die vuurtoring by Agulhas, die Suidste punt van Afrika, en heelwat restaurante."
"Obviously it's always nicer at the seaside in good weather, but if one enjoys walking, cycling, swimming, fishing then you'll keep yourself occupied. Some nice restaurants with reasonably priced menus, and we found all the small shop-owners very friendly."
"Was al 'n paar keer op Struisbaai. Moet sê die weer verander gou en nie noodwendig altyd vir die beste nie."