Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2176 reviews.
"Moet nie in die see swem lanks Laguna La Creta nie. Gaan eerder by die pad af na Lucien Beach. Anderstes is Uvongo 'n okei plek om te bly."
"Ten spyte van die besoedeling agv die lagoon en die rivier was die area en dorp ook skoon gewees. Daar was genoeg ander strande om Uvongo om by te gaan ontspan."
"Sentraal geleë tussen gewilde strande en naby aan Wild Coast Sun vir reëndae."
"Net jammer oor die e-coli in die hoofstrand se water wat ons hele gesin siek gemaak het. Manaba strand was 'n beter swemstrand."
"Uitstekende swemstrand en toereikende besighede vir noodsaaklikste benodigdhede."
"Alles bietjie uit mekaar verspreid teen die kus af, en als is dig met plante so vat rukkie om omgewing te leer ken."
"Nie vir reisigers wat van 'n besige vakansie-vibe hou nie. Geen entertainment en restaurante nie. Lieflike strand."
"Ramsgate is 'n eersteklas-vakansiebestemming met iets vir elke smaak. Die blouvlagstrand is 'n bekende trekpleister, maar daar is ook 'n verskeidenheid van doendinge en interessante besighede om te verken. Hier kan jy maklik 'n week of twee deurbring sonder om verveeld te voel, en terselfdertyd genoeg asemskep om weer volspoed te werk."
"Strand bietjie besig party dae, wat seker heeltemal verstaanbaar is vir Desember, maar nooit vreeslik crowded. Lekker plek om vakansies deur te bring, net jammer dis te ver van Gauteng om meermale te gaan."