Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9672 resensies.
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
"Glentana is very beautiful. The people are friendly. Four seasons in one day can be expected."
"Oudtshoorn is baie mooi en aantreklik en my seun wil net in Oudtshoorn vakansie hou. Daar is baie plekke wat jy kan besoek en die mense is baie vriendlik teen oor jou."
"Danabaai het net nie 'n goeie swemstrand nie. Het Hartenbos Bayview toe gery om in die see te kon swem. Verder was dit prentjiemooi en het ons die bokkies een dag gesien. Dis naby genoeg aan Mosselbaai en Hartenbos met baie om te doen."
"Baie oulike daguitstappies! Goeie plek om te oornag en selfs 'n paar dae oor te bly en die Klein Karoo te verken."
"Ideale uitvalsbasis voor de Swartbergpass en de Cango Caves."
"Ek is verlief op Hartenbos. Die pretparkeienaar kan dit oorweeg om die musiek effens sagter te maak. 'n Mens moet darem nog met mekaar kan praat wanneer jy daar verby gaan of van die park gebruik maak. Ek hou van die beskikbaarheid van fasiliteite terwyl die vakansiestemming steeds behoue gebly het. Die wandelpaaie al teen die strand langs maak dit toeganklik. Hartenbos is skoon en vriendelik. Daarby kan ek tien uit tien gee vir die ATKV swembad. Vir gesinspret en veral vir kampeerders is Hartenbos beslis die vakansie om te ervaar. "
"Ons sal Knysna weer besoek. Daar is baie aktiwiteite en plekke om ieder en elk tevrede te stel."
"Heroldsbaai kort net 'n ordentlike Spar en moontlik nog so 2/3 uiteet-plekkies... sodat dit nie nodig is om na George te gaan vir inkopies nie."
"Ons besoek Plettenbergbaai reeds sedert 1965. Nou eerste keer by KRL. Plett is puik en lekker. Indien dit nie so was nie, sou ons nie gereeld terug gegaan het nie. PLETT WORD STERK AANBEVEEL."