Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9692 resensies.
"Knysna is beeldskoon! Die allermooiste natuurskoon ooit! Dit was ons eerste besoek aan daardie deel van ons land, en ons sal baie beslis weer gaan. Ons het veral Buffelsbaai se strand baie geniet."
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."
"Baie mooi natuur, baie om te doen in die omgewing, lekker eetplekke. Tapas is 'n moet!"
"Pragtige oord op Breëriviermonding geleë. Ideal vir boot-, hang-gliding en visvangvakansie."
"Daar is baie om te sien en doen, maar die somerhitte is erg. Liewers herfs of lente vir my volgende keer."
"Gouritsmond is 'n lekker plek as jy saam met die regte mense gaan, maar as jy alleen gaan is daar nie veel om te doen nie. Wees voorbereid op die feit dat jy jou eie vermaak moet maak, maar ek kan verseker dat dit 'n lekker plek is met 'n baie lekker strand as jy hou van swem en in die son lê!"
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Wens meer mense wil soontoe verhuis, dit kan 'n wonderlike plaasdorpie wees. Is so rustig, geestelik en stil. Meer mense bring meer vreugde."
"For people interested in the old feather palaces and stone houses it's the best."
"Blanco is lekker naby aan die lughawe en die Redberry farm, maar is effens ver as jy dorp toe wil gaan veral omdat die groot mall aan die ander kan van George is. Baie mooi area met groot bome en stil en rustig. Pragtige krismisrose groei al langs die pad langs huise se buite mure soos wat mens inry dorp toe. "