Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 408 resensies.
"Tulbagh is a lovely little town with a great sense of history and culture. We had a great time exploring the surrounding mountains too."
"Gaan maak gerus 'n draai by Manly Wynplaas. Die nuwe wynmaker daar het soveel passie vir dit wat hy doen, dat dit aansteeklik is. Hulle voer hoofsaaklik uit, so dit was 'n klein bederfie toe hy vir ons 'n toer gegee het. Beslis uitvoergehalte wyn!"
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"
"Lots of history. Lots of wine farms and good food. Nature and birds. "
"Een van ons gunsteling dorpies. Besoek ook Adene Blomme plaas buite Wolseley (hulle het Sondae open days)."
"Loved the area! We went cherry picking which was a treat but make sure you take good quality sneakers! Zip lining in Ceres was loads of fun and suitable for kids as well. Paddagang restaurant in Tulbagh is a winner."
"Tulbagh is pragtig en daar is soveel om te sien. Die natuurskoon is werklik besonder, heerlike bergstappies soos na die Watervalle. Ons het die wynplase en etes geniet. 'n Hoogtepunt was ons ete by Duikersdrift waar Shane en Shayne 'n heerlike kaas- en kouevleis-bord bedien. Ons enigste aanbeveling sal wees, dat meer plase en winkels hul deure oor naweke en vakansie dae oophou. "
"Tulbagh is fabulous. Historical buildings, olive tastings, wine, beer and champagne tastings, and a good few restaurants to eat at. Close to Ceres and Riebeeck Kasteel for day trips."
"Seker maar die gewoonte in die dorp. Die supermark maak vroeg toe op 'n Sondag. Oor die algemeen is Tulbagh 'n lekker dorp."
"Tulbagh is naby die Kaap en bly 'n topbestemming om te besoek met berge, wynplase en die geskiedkundige dorp. Mooi skoon! "
"Sal enige iemand aanbeveel om Tulbagh te besoek. Maak net seker jy het genoeg tyd om by alles uit te kom!"
"Baie om te sien. Kon die warmte en vriendelikheid van die mense voel in die plek. Het baie ervaar deur by verskillende plekke in Tulbagh te stop."
"The gentleman at the information centre was extremely helpful and so were all the people we met in and around Tulbach. Church Street is beautiful as well as interesting and we thoroughly enjoyed our visit to the Oude Kerk and the Earthquake Museum. Saronsberg, Moniki Chocolatier and The Olive Terrace at the Tulbach Boutique Heritage Hotel are amazing! Here, once again, we received outstanding friendly service. "
"Tulbagh is geleë tussen die berge met pragtige wit geboue omtrent 130 kilometer van Kaapstad. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing baie skade verrig en dit het gely tot groot restourasie. Daar is verskeie wynplase, eetplekke en museums om te gaan besoek. "
"Kerkstraat is baie interessant en ons het die bier by Paddagang baie geniet. Ons het in die strate opgeloop en al die huise en beskrywings bekyk. Die area is baie mooi. "