Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6855 resensies.
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"Dis my tweede besoek aan die dorp en dis duidelik dat die blyplekke aan die seekant vervalle voorkom en dit minder aantreklik maak."
"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."
"It was however quite cool in the evening, but otherwise, enough shops available and more than one could think to see in and around Langebaan."
"Geniet alles! Gaan Tietiesbaai toe, eet by Voorstrand en Spoon Square ... alles ongelooflik! Besoek Darling en Riebeek-Kasteel. Paternoster bied sielsrus."
"Lieflik, stil en rustig wonderlike weer die tyd van die jaar. Ons het baie lekker geëet by Isabella's op die hawe en heerlik ver gaan stap. 'n Besoek aan Malgas-eiland was vir my baie leersaam en interessant en die gids van Capnature het hom baie goed van sy taak gekwyt."
"Paternoster het sekerlik een van die mooiste kuslyne ter wêreld, asook fantastiese uiteetplekkies. Definitief een vir die boeke!"
"Pragtige, skoon area. Pragtige uitsigte. Baie rustig en stil, baie mooi natuurskoon."
"Vir `n oorspronklike Karoo-mens wat noodgedwonge in die stad moet werk, was hierdie HEMELSE UITKOMS. Ek kon weer `n hele naweek die STILTE hoor!"