Verified Reviews
West Rand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Rand
Rated 4.3 out of 5 based on 230 reviews.
"Lovely little village with everything you need. Friendly people and beautiful scenery."
"Het nie veel van Silverfields gesien nie. Maar met die inkom slag het ons wel gesien daar is genoeg winkel sentrums as jy ietsie sou benodig."
"Daar is heelwat besienswaardighede en geskiedkundige plekke om te besoek. Beslis die moeite werd."
"Ons verblyf was baie naby aan Johannesburg Skydiving Club en dit was 'n groot plus! Die nuwe mall maak 20:00 toe en het geen eetplekke vir aandete nie, maar die Spur in die dorp was oop en het goeie diens gegee. "
"Mooi gedeelte van Johannesburg. Naby Muldersdrif en Botaniese Tuine."
"As 'n hotel voel ek dat hul restaurantgeriewe kan verbeter om middagetes en aandetes te gee en die kroeg oop te hou. Mense wil wegkom van die gejaag en kwaliteittyd spandeer en wil nie heeltyd op die pad wees om by ander plekke te gaan eet of iets drink nie. Die pryse is heeltemal te hoog vir wat jy kry. "
"Muldersdrift is baie goed geleë en maklik bereikbaar van die snelweg af. Dit is 'n idilliese omgewing vir troues."
"Baie mooi area en ideaal vir buitemuurse aktiwiteite soos staptoere, fiets and ander bos-aktiwiteite."
"Baie mooi, lekker plek minder as 'n uur van die huis in Allens Nek af. Baie om te doen in die omgewing!"
"Silverfields is 'n lekker gebied om in te bly as jy op vakanasie is. Dis naby 'n avontuurpark met vryval, voetslaan, ensovoorts."
"Magaliesburg en sy omgewing het definitief nog baie besienswaardighede, ons sal graag weer wil terugkeer en verder kuier."