Successfully reported

Verified Reviews

Wild Frontier

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier

Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.

Marloth Park, Wild Frontier

Kruger Kumba Lahlekile Nathi

"Ons het n bloutjie geloop en hout gekoop by die ingang by straatverkopers. Nie geweet daar is hout te koop by die winkel binne. nie Die hout was nat en het lank gesukkel om dit te laat brand, mens weet nie altyd wat binne in die park beskikbaar is nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Magani Ridge

"Sal altyd daar wil bly. Die stilte is helend vir jou siel."

Marloth Park, Wild Frontier

Hakuna Mipaka - Bos Sprokie

"Mal oor die park. Die enigste ding wat my elke liewe keer byval rondom al die huise waar ons al gebly het is die bou rommel. Stukke sement en drade en bakstene absoluut oral. Dis bitter jammer en so lelik en sleg vir diere en omgewing. Dit sal wonderlik wees as Marloth dit kan aanspreek. Marloth is 'n wonderlike wegbreek-wegkruipplek!"

Marloth Park, Wild Frontier

Huis Maroela

"Dit raak nou te kommersieel. Te veel huise, maar is nog steeds 'n lekker plek om te besoek. "

Marloth Park, Wild Frontier

Big Tuskers Bush Camp

"'n Lekker naweekwegbreek in die bos."

Marloth Park, Wild Frontier

Visarend's Roep

"Daar is baie mense, en van hulle ruk hand uit. Marlothpark sukkel om alles onder beheer te hou."

Marloth Park, Wild Frontier

Phumangeni Marloth Park

"Die paaie in Marlothpark kort aandag."

Marloth Park, Wild Frontier

Bos-Geluk Huis

"Grondpaaie in 'n slegte toetand. Veral teen die rivier af."

Marloth Park, Wild Frontier

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Lekker plek, net te veel rondlopers en rondsitters."

Marloth Park, Wild Frontier

Klein Huisie

"Grondpaaie verdien aandag."

Marloth Park, Wild Frontier

Acacia Bush Cottage

"Die slegste, swakste (grond)paaie in Marlothpark! Beslis nie net van die onlangse reën nie. Sal niemand aanbeveel om nou soontoe te gaan nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Big Tuskers Bush Camp

"Ons kon nie regtig explore nie, maar ons het dit geniet."

Marloth Park, Wild Frontier

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Baie lekker blyplek naby die wildtuin, baie rustig."

Marloth Park, Wild Frontier

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Baie rustig en stil en baie wild te sien. Gunstelingrestaurant was by Henk van Rooyen Park. Pragtige uitsig oor Krokodilrivier en heerlike kos en drinkgoed."

Marloth Park, Wild Frontier

Spoorsnyertjie

"Dit is rustig. Die tyd van die jaar is dit nie so warm nie."

Marloth Park, Wild Frontier

Hakuna Mipaka - Bos Sprokie

"Lieflike plek wat diere na jou voorstoep toe bring."

Marloth Park, Wild Frontier

Klein Paradys

"Marlothpark is altyd a goeie bestemming."

Marloth Park, Wild Frontier

Doringpoort: Delagoadoring

"Lieflik en ongerepte natuurervaring."

Marloth Park, Wild Frontier

Sweet Thorn House

"Love Marlothpark, sal altyd weer teruggaan soontoe."

Marloth Park, Wild Frontier

Huis Maroela

"Gunsteling plek in die Laeveld."

Marloth Park, Wild Frontier

Tau Self-catering House

"Ek voel die paaie het beslis dringend aandag nodig."

Marloth Park, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Ek kan myself nie indink om die pad op 'n daaglikse basis te gebruik nie. Na die reen moes ons verskeie paaie toets voordat ons by Olifantsweg kon uitkom (glad en gate). Die sedanvoertuig, was te laag en sou vasgesit het op die Google aanbevole roete. Daar was meer wild buite Lionspruit as binne. Jammer om te hoor die leeus is dood. Was nie gerus oor veiligheid van kar by die winkelsentrum nie, verskeie mense het net daar rondgestaan."

Marloth Park, Wild Frontier

Impala Lily Kaya

"Ons al baie in Marloth gebly. Wonderlike plek. Kan net die systrate ook skraap, nie net die hoofpad by die rivier nie. Toegang moeilik vir lae voertuie."

Marloth Park, Wild Frontier

4230 Impala

"Marloth Park is ons plek om te bly as ons Krugerwildtuin toe gaan. Die pad teen die Krugerdraad is ongelukkig nie rybaar deur gewone karre nie en kort aandag."

Page
Page 19 - Showing 541 to 570
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers