Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1073 reviews.
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
"They must add transport for those from town like Uber or Taxify."
"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "
"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"It's a great environment for a weekend away to recover and get out of your usual routine for a change. Especially for guys that come from JHB or PTA who want to take some time out and relax."
"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."
"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "