16 Cabanas del Mar
Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Mei 2025 tot 31 Mrt 2026.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 000R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
16 Cabanas del Mar is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Warner Beach, Amanzimtoti. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aan die kus, aangesien die kompleks met 'n swembad spog.
Dié woonstel is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n dubbelslaapbank en 'n TV.
Die skuifdeur lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Die kompleks bied ook direkte toegang tot die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Leandrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 16 Cabanas del Mar het ’n baie goeie ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang