16 Cabanas del Mar
Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Mei 2025 tot 31 Mrt 2026.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 000R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
16 Cabanas del Mar is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Warner Beach, Amanzimtoti. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n klein gesinsvakansie aan die kus aangesien die kompleks spog met 'n uitnodigende swembad wat ideaal is vir die somer.
Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir altesaam 4 volwassenes en 1 kind op 'n slag aangesien dit oor 2 slaapkamers en 'n badkamer beskik. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n dubbelslaapbank en 'n TV.
Deur die skuifdeur is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Die kompleks het ook direkte toegang tot die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Leandrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 16 Cabanas del Mar het ’n baie goeie ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Ellcock Road, Warner Beach, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang