Successfully reported
+25

Blesfontein Guest farm

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blesfontein Guest Farm, Bo Vis Road, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Blesfontein Guest Farm is net 28 km van Sutherland af bo op die platorand van die Roggeveldberge. Blesfontein Guest Farm bied saal-safari's, wildritte, 'n plaasdam om in te swem, soms sneeu in die winter en blomme soos Namakwaland in die lente.

Die gasteplaas bied verblyf in 10 unieke selfsorg-eenhede wat eens ou geboue op die plaas was. Die klipeenhede is almal baie basies, maar bied die nodige geriewe vir selfsorg. Van die eenhede het gemeenskaplike kombuise. Elke eenheid het sy eie badkamer en die meeste van hulle het kaggels of 'n braaiplek buite. Die eenhede is volgens individuele reisigers se behoeftes aangepas.

Aandetes en ontbyt kan vooraf gereël word. Snags kan gaste gaan sterrekyk in die armatuur-sterrewag. Bedags kan gaste die plaas vrylik verken en geniet. Gaste kan in hul eie 4x4 ry of die gasteplaas s'n vir 'n rit na die uitkykpunt op die platorand huur. Só kan gaste blesbokke, sebras, springbokke, grysribbokke, steenbokke en swartwildebeeste sien, om nie eers te praat van die meerkatfamilie, die skilpaaie, die muishonde en verskeie voëlspesies nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Riaan C
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi stukkie plaas paradys. Baie gerieflik met alles wat nodig is. Die natuurskoon is besonders. Wildnis volop op die plaas en die Alpacas is pragtig....
Sien meer
Okt 2025
Stephanie K
Gesin met tieners
5.0
A starry adventure on a farm. We had a lovely stay and really enjoyed the farm atmosphere and personal service. The star gazing was a m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Charl D
Saam met vriende
5.0
Kom kyk sterre en besef hoe klein jy is. Wat 'n ervaring. Lekker plaasverblyf met alles wat jy nodig het. Wonderlike natuur en sterre gesien. Na 'n pa...
Sien meer
Jul 2025
Melani G
Saam met lewensmaat
5.0
Wanderlust en hoogs onderskat. Ons was ontmoet deur 'n vriendelike en behulpsame oom. Ons het 'n pap wiel oppad na die plaas opgedoen, en op aankoms h...
Sien meer
Jun 2025
Ross G
Besigheidsreis
5.0
Definitely will stay again in winter. Lovely quaint accommodation with great views, and very comfortable accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 108

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Blesfontein Guest Farm, Bo Vis Road, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Blesfontein Guest farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blesfontein Guest Farm, Bo Vis Road, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNGNiNjZmLWVjN2UtNGQ4NS04ODU5LTM1MjAxYzIyZWZlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 108 5 1 5 Blesfontein Guest Farm Bo Vis Road 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -32.468111 20.436192
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang