Successfully reported

Boplaas Cottages

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.3
Veiligheid
4.8
Antoinette B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

Pragtige stukkie aarde in die middel van niks en nerens. Wat 'n pragtige stukkie juweel aan die einde van 'n hel-se pad. Pad van die afdraai op Swartbergpas tot by die eenheid het ons so 4 ure gevat. Elandspas is nogal rof en moet maar redelik stadig gevat word en die laaste min of meer 15 km (die Cape Nature gedeelte tot voor jy by Bo Plaas se geslote hek ingaan) is erg toegegroei met doringbosse aan weerskante en het ons kar lelik gekrap. Maar dis die ergste. Aan die einde van daai pad is 'n pragtige ou Klowers huis met 'n groen grasperk en heerlike groot bome wat nou begin kleur verander met die naderende winter. Die huis binne is silwer skoon en ons het niks kortgekom nie. Abraham het ons baie vriendelik ontvang en lekker gesels. Hy't ook vir ons hout by die braai gesit wat baie waardeer was. As jy WiFi en 'n haardroër verwag, is hierdie nie die plek vir jou nie. Maar as jy rustigheid langs die vuur met 'n kabbelende rivier nie ver van daar, naggeluide en 'n helder sterrehemel soek, is dit definitief die moeite werd om hier oor te bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liza V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Tranquil, lovely setting. Lovely location, very tranquil and beautiful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlet V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2025

Was lekker om weer die vreesaanjaende pad te ry tot onder in die Hel. Die personeel wat na die eenheid omsien, was baie vriendelik en behulpsaam. Die eenheid het 'n paar bitter klein liggies in wat met sonkrag werk, en die beligting is onvoldoende; neem maar 'n paar flitse saam. Daar is in die beskrywing gesê dat WiFi beskikbaar is, wat wonderlik sou wees aangesien daar geen opvangs is nie, maar met aankoms is ons ingelig dis slegs beskikbaar indien jy 'n noodgeval het. Andersins is dit 'n pragtige plek diep onder in die Hel.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan H
1 nag Saam met vriende
4.6
Sep 2025

Heerlik gekuier en gebraai in die Gamkaskloof! Ons het baie lekker gebly en die natuurskoon van die Gamkaskloof geniet.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois S
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Jul 2025

Rustig. Baie lekker gebly naby aan die natuur.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Aimee G
1 nag Gesin met klein kinders
4.4
Jan 2025

An oasis at the end of a long, slow 4 x 4 drive. The cottage is situated in the best part of the Gamkaskloof with stunning scenery and a lovely splash pool to cool off. Abraham was very helpful to make sure our stay was enjoyable. In my opinion, the current state of the road definitely requires a 4 x 4 vehicle with all-terrain tyres.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Gerhard R
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Mei 2025

Pragtige omgewing met interessante geskiedenis. Heerlik gekuier, sal weer gaan.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Deon E
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Mrt 2025

Fantastiese omgewing en wonderlike huis bederf deur patetiese klantediens. Die huis was uitstekend. Abraham, wat ons ontvang het, was ’n meer as uitstekende gasheer—110% vir hom! Die administrasie van die eienaar, asook van die webtuiste, was MEER AS PATETIES. Ons was veronderstel om voor 19:00 in te boek. Toe ons ongeveer 18:30 voor die hek stilhou, was die hek gesluit, met geen klokkie en geen siel in sig. My toeter kon nerens ’n indruk maak nie. Dit was te laat in die aand om om te draai en geen manier vorentoe nie. Baie toevallig het ’n werker verbygestap—’n uiters gawe man. Volgens hom was hy toevallig buite en het ons gesien. Hy kon vir ons oopsluit en beduie dat dit nog 1,5 km verder is. Daar aangekom, was Abraham nie bewus van ons bespreking nie, en die huis wat ons bespreek het, was nie beskikbaar nie. Abraham self is egter ’n redder en ’n held. Ten spyte van die patetiese administrasie het hy ons geglo en in ’n ander huis ingepas. Pragtige huis. Mooi gemeubileerd. 90% van alles het gewerk. Die swak administrasie het egter bederf wat ’n besonderse ervaring moes wees.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Charles U
1 nag Saam met vriende
2.0
Apr 2025

Die omgewing was fantasties, maar die verblyf was pateties gewees. Die omgewing is fantasties en mooi natuur skoon. Geen WiFi beskikbaar by Oom Hannes se huisie nie, net by die hoofhuis soms. Geen water in die swembad wat belangrik is, veral na die pad wat jou 4 ure vat om daar te kom. Die beligting in die huis is onaanvaarbaar en geen kragpunte is beskikbaar vir die laai van toerusting. Die ketel en potte is geroes en kan glad nie gebruik word nie. Die blikopmaker is stukkend, en ek het gesukkel om aandete te maak a.g.v. die omstandighede.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Marius B
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2024

Ideale blyplek diep in die Hel. Uitstekende ligging in die Hel - let wel 56km vanaf Swartberg afrit, maar die moeite werd. 'n Puik gasheer! Huis is puik ingerig en solar / water het die verblyf aangenaam gemaak.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Nicola Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
R 990
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 990
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boplaas Cottages, Gamkaskloof, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAarHTpRFTyo4VlQL6u02MG8KAmZ9QOeCubTJHEsp7K82VCnKkN3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 Boplaas Cottages Gamkaskloof 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.364592964051 21.583982780476
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang