Successfully reported
+55

Bushbaby Lodge

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpens Road 2472, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Vanaf R875 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Bushbaby Lodge is in die Afrika-bosveld in die Marlothpark Natuurreservaat geleë. Dit is net 'n paar kilometer van die N4-snelweg af tussen Malelane en Komatipoort en 15 km vanaf die Krugerwildtuin-ingang. Die lodge is in 'n baie afgesonderde area van Marlothpark onder groot bosveldbome waar 'n verskeidenheid wild en voëls gasheer speel.

Verblyf word aangebied in 'n eenheid met slaapplek vir 3 gaste en 'n eenheid met slaapplek vir 6 gaste. Albei eenhede kan bespreek word om 9 gaste in totaal te akkommodeer. Die eenhede is volledig toegerus vir selfsorg en het lugversorging. Elke eenheid het sy eie kampvuur- en braai-area. Die twee eenhede is stapafstand van mekaar af en gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike plonspoel om at te koel. Gratis WiFi en 'n rugsteun-omsetterstelsel is beskikbaar.

Die lodge is 400 m vanaf die Krokodilrivier wat grens aan die Krugerwildtuin sodat gaste bietjie kan wildkyk uit hulle voertuie uit op pad na die Krugerwildtuin.

Gaste kan by Bushbaby Lodge om 'n kampvuur ontspan en die natuurgeluide waardeer. Hier kan 'n mens die leeus hoor brul, die hiënas hoor lag en seekoeie in die Krokodilrivier ervaar. Koedoes, sebras, vlakvarke, rooibokke, duikers, bosbokke, blouwildebeeste, njalas, kameelperde, olstruise, tarentale, muishonde, bobbejane en apies is gereelde kuiergaste by die lodge. Hou ook 'n ogie oop vir nagapies wat graag na sonsonder kom kuier.

Bushbaby Lodge is gekoppel aan Field Sekuriteit, 'n baie betroubare sekuriteitsmaatskappy wat gaste kan bystaan in 'n noodgeval. Elke eenheid het sy eie sekuriteitstelsel.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Deirdre S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitmuntende waarde vir geld in alle opsigte! Eienaars vriendelik en behulpsaam. Wat 'n pragtige plek en ervaring. Ideaal vir paartjies, vriende en hui...
Sien meer
Okt 2025
Elmarie P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Just a beautiful little house. Everything that we needed was there!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Henry K
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende plekkie in Marloth Park. Heerlik gebly. Baie netjiese plek. Naby genoeg om seekoeie ens. te hoor.
Jul 2025
Geoff D
Gesin met tieners
5.0
Amazing! Will definitely be back! We had an amazing time at Bushbaby Lodge! The accommodation was great and the verandah area was brill...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Angelique V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Dankie, ons het baie lekker gebly. Die plekkie is skoon, netjies en het alles wat ons nodig gehad het.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Hannes Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 71

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Swartwitpens Road 2472, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Bushbaby Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 875
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpens Road 2472, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2MjQ4Y2IxLTJmN2ItNGFiNS1hM2QxLWU2YmViOWM0NDE3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R875 per nag (plek vir 3) 27 5 1 5 Swartwitpens Road 2472 Marloth Park 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.340268682651 31.786000728607

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang