Successfully reported
+22

Gamkaberg - Tierkloof

Tentekamp
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gamkaberg Nature Reserve, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 620 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Gamkaberg - Tierkloof is 'n ekokamp tussen soetdoringbome aan die voet van die Gamkaberg. Die word eksklusief aan 1 groep of 8 gaste op 'n slag verhuur en dis 'n privaat wegbreekplek vir 'n gesin of vriende.

Die Gamkaberg is 'n geïsoleerde bergreeks in die Klein-Karoo tussen die Swartberg- en die Outenikwaberge. Die naam Gamka is van die Hottentot-woord 'gami' wat leeu beteken afgelei. Die Gamkaberg Natuurreservaat is 10 430 hektaar groot en is 33 km suidwes van Oudtshoorn en 32 suidoos van Calitzdorp. Dit vorm deel van die Gamkaberg Bewarea van 80 000 hektaar wat uit verskillende bewaringsgebiede bestaan, insluitend natuurreservate in privaat besit. Die Gamkaberg Natuurreservaat is in 2015 as een van die beskermingsareas van die Kaapse Blommeryk Wêrelderfenisgebied aangewys en dis Suid-Afrika se 6de Wêrelderfenisterrein sedert 2004. Dié areas word as van die belangrikste voorbeelde van die Kaapse Blommeryk gesien.

Tierkloof bied slaapplek aan 8 gaste in 4 safaritente op dekke. Die eerste tent het 'n koninggrootte-bed, die tweede tent het 'n dubbelbed en die derde en vierde tent het elkeen 2 enkelbeddens. Die badkamer het spoeltoilette en warm storte. Warm water word deur sonkrag voorsien.

Die hooflapa-area het 'n onderdakkombuis, eetarea en leefarea wat uit strooi en riet gebou is. Die kombuis het 'n yskas wat met sonkrag werk, 'n tweeplaatgasstoof, eetgerei en breekware. Die eetarea het 'n piekniektafel en die leefarea het 2 rusbanke en 'n koolstoof vir koue wintersaande.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Trade Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 49

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Gamkaberg Nature Reserve, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gamkaberg - Tierkloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 620
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 620
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 3 620
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gamkaberg Nature Reserve, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2d30d53ffc8a02b9995272b9acbc1c93a38893c3d834375f3490b34913e1282a10dcec8bffe6e1a152de9a7c54dc7df1ef02?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 620 per nag, vir 8 mense 6 5 1 5 Gamkaberg Nature Reserve Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.668956 21.888688
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang