Successfully reported
+36

Kohandè Glamping

Tentekamp
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km from Cullinan, 1002, Gauteng
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kohandè Glamping is in die skilderagtige Leeuwkloofvallei Bewarea in Gauteng, noordoos van Pretoria geleë. Kohandè Glamping is by De Wagensdrift en die ideale bestemming vir natuurliefhebbers.

Daar is 3 luukse tente, Ferox, Marlothii en Castonea, en elkeen het 'n houtvuurwarmbad op die stoep. 'n Krat hout word vir elke warmbad voorsien.

Elke tent het 'n ten volle toegeruste kombuisie wat ideaal is vir selfsorg en 'n privaat boma met braaigeriewe. Daar is ook 'n swembad waarin gaste kan afkoel. Geen kinders word toegelaat nie.

Elke tent is privaat en het sy eie lieflike panoramiese uitsig oor die Bosveld. Gaste kan die geroep van jakkalse vanaf hulle tente hoor.

Wild soos koedoes, rooibokke en njalas wei op die perseel. Kohandè Glamping is 'n voëlkyker se paradys en spog met volop voëllewe. Neushoringvoëls, vlieëvangers en vele meer woon in die vallei.

Kohandè Glamping is 48,7 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Oos- en Wesrand en O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë. Dis slegs 20 km van Cullinan af, wat alombekend vir diamante is.

Die Dinokeng Groot 5-reservaat is basies op Kohandè Glamping se voorstoep. Die area is malaria-vry en spog met 'n baie matige klimaat.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 279 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Diane R
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing, peaceful, cosy and all round great place. We had a fabulous time at Kohande. It is a lovely tranquil place to kick back and r...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Hercú T
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspanned. Sal hierdie plek beslis aanbeveel aan enigiemand. Dit is rustig, netjies en goed onderhou, en die omgewing skep ’n aangename en ontspanne ...
Sien meer
Sep 2025
Natasha P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie mooi en die plek is baie netjies en het meer as wat verwag was.
Apr 2025
Gail D
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing romantic stay. We loved our stay at the Marlothii tent! The tent itself is well laid out, with a fully equipped kitchen, a lov...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Christi V
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan in die natuur. Ons verbly by Kohandè was baie lekker. Ons het by Ferox gebly, die plekkie het alles en meer wat nodig is vir 'n heerlike ontsp...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Desire Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 279

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Plot 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km from Cullinan, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Kohandè Glamping het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km from Cullinan, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c756346fb6b47513c43e61a99ce913ee95d7ade58b875e4b5dce333c20f4854b2eb5b76714cee449dc26f5385ef784df2ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 279 5 1 5 Plot 42 Leeuwkloof De Wagensdrift 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -25.513624698614 28.498165011406

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang