Successfully reported
+25

Lekkerus

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 140 Second Avenue, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Lekkerus is 'n selfsorgwoonstel in Kleinmond, 'n bekoorlike kusdorpie in die Overberg-streek. Die woonstel is net 170 m vanaf die strand en net 1,6 km vanaf Kleinmond se swemstrand.

Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, waaier en en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die oopplan-leefarea het 'n ekstra enkelbed.

Die woonstel het 'n kombuisie met geriewe, soos 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, 'n stoompot, 'n broodrooster, breekware en eetgerei. Die leefarea beskik oor 'n TV met 'n DVD-speler en DStv Premium, 'n enkelbed, 'n gemaklike bank, 3 ligstoele en 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 4. Daar is skuifdeure in die leefarea wat uitloop op 'n balkon met 'n vrystaande braai, tafel en stoele. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Die eiendom word nie deur beurtkrag geraak nie en WiFi is beskikbaar.

Neem asseblief kennis dat die eienaars op dieselfde perseel woon.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Verwarmer
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 134 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Suzette F
Saam met vriende
5.0
Secure and safe area. We enjoyed our stay at Lekkerus very much, a peaceful stay and a secure area to be in. We will come back to this ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Sharon H
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely, safe, peaceful. Will be returning. Absolutely fantastic stay, very friendly, helpful host. Couldn't have asked for better. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Gert En Anelia S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige woonstel goedgeleë in Kleinmond. Sal beslis weer daar tuisgaan. Ons het baie lekker gebly. Die gasheer en gasvrou het ons baie hartlik ontvan...
Sien meer
Mei 2025
David G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly en sal vir seker weer daar tuisgaan. Baie vriendelike ontvangs gehad. Die woonstel is baie gerieflik, is baie meer as goed toegerus ...
Sien meer
Apr 2025
Naomie P
Gesin met tieners
5.0
Heerlik. Ontspanne. Rustig. Dit was werklik 5/5 vir alles. Jannie was so vriendelik en tegemoetkomend. Ons sal beslis terugkeer.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jannie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 176

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 140 Second Avenue, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekkerus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 140 Second Avenue, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiMmI5NzFmLWQ3MzItNDBkZi1iZTk0LWY4NmFlN2IyZDg1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 134 5 1 5 140 Second Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.343254 19.020945
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang