Successfully reported
+124

Mont Rouge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 152 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mont Rouge Guest House is geleë aan die voet van die Rooiberge op 'n groot eiendom langs 'n staproete. Gaste het 'n onbelemmerde uitsig op die omliggende berge van hulle kamers af.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan die tuin geniet waar die kinders kan speel en die braaigeriewe in een van twee goed toegerustes bomas gebruik kan word. Elke eenheid het 'n privaatingang en parkeerplek is reg voor elke eenheid beskikbaar. Gaste met spesiale vereistes moet ons asseblief vooraf daarvan in kennis stel.

Daar is ook interessante rotsformasies, eeu-oue bome en 'n groot verskeidenheid wilde voëls wat met sonsopkoms die dag met hul vrolike getjirp sal inlei.

Dit neem skaars 5 minute om van Mont Rouge af na die middelpunt van die dorp te stap waar jy jouself kan verlustig in die groot verskeidenheid kunsgalerye, eetplekkies en rariteitewinkeltjies. Vir buitelugliefhebbers is daar rotsklim, staproetes, abseil, 4x4-roetes, kanovaarte, perdritte en kunsvlieghengel in die omgewing. Clarens het ook bied ook gholf, tennis, fietsry en drafroetes vir sportmanne. Hierdie dorpie is ook ideaal vir gesoute "pub crawlers".

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 145 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Charéne R
Saam met lewensmaat
5.0
Snoesig. Vriendelik. Heerlik. Baie lekker gebly. Mont Rouge is perfek geleë naby die besighede, maar ver genoeg dat die geraas nie pla nie. Riaan was ...
Sien meer
Jun 2025
Carne D
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker, sal weer gaan! Baie lekker gebly. Alles was soos geadverteer. Gasheer was baie behulpsaam, baie goeie kliëntediens! Die katte was 'n hoog...
Sien meer
Mei 2025
Mark D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en rustig. Baie netjies en skoon. Riaan was 'n uitstekende gasheer. Gerieflik binne loopafstand van middedorp.
Mei 2025
Deonita O
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was definitief die moeite werd. Ons het baie lekker gebly. Pragtige tuiste. Net jammer die TV met kanale wil nie altyd werk vir my bejaarde ouers ...
Sien meer
Apr 2025
Gordon B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet. Baie lekker, dankie. Riaan was uitstekend.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Riaan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 153

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 152 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Mont Rouge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 152 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwiujpu8ArDmITLKvIj2jkziFaGp9tEuRueNuUrbCYV890rLbE7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 145 5 1 5 152 Bester Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.516428140135 28.41629277591
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang