Successfully reported
+52

Rooibank

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 13 & 16, Rooibank Farm, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rooibank skuil in die Dinokeng Groot-5 Wildreservaat in Gauteng. Ons bied verskeie verblyf-opsies op 'n werkende plaas.

Eden’s Den is 'n luukse vierslaapkamerhuis wat van klippe op die plaas gebou is. Dié rondawel-tipe huis het 2 verdiepings en is modern toegerus. Die slaapplek en die badkamers is op die boonste verdieping. Die kombuis is onder en ten volle toegerus vir 8 mense (voorsiening kan gemaak word vir meer mense).

Bushveld House beskik oor 4 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 badkamers met storte. Daar is ook 'n kombuis, skottelgoedwasser, eetkamer en groot sitkamer in die huis. Die eenheid het 'n groot onderdakstoep met braaigeriewe en daar is onderdakparkeerplek.

Daar is ook 3 chalets op die plaas. Elke chalet het 'n selfsorgkombuis en 'n eetarea. Elke kombuis is ten volle toegerus en kombuisgerei word voorsien. Die chalets het lugversorging en TV's met sekere DStv-kanale. Elke chalet het ook 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, en 'n privaat patio met 'n tafel, stoele en 'n braai.

Die verblyf is selfsorg en gaste mag dalk die swembad en buitebadkamergeriewe met ander gaste deel. Die eiendom maak gebruik van groot kragopwekkers en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Chantal K
Gesin met klein kinders
5.0
Fabulous. Baie dankie, ons het baie lekker gebly. Alles was baie skoon en netjies en presies soos die foto's. Die enigste klagte was die miere in die ...
Sien meer
Sep 2025
Andriza L
Saam met vriende
5.0
Baie lekker, sal definitief aanbeveel. Ons het dit werklik geniet. Die fasiliteite was baie goed en die plek was baie netjies.
Aug 2025
Martha N
Saam met vriende
5.0
‘n paradys van stilte, veiligheid en natuur. As ek 10 sterre vir hierdie verblyf kon gee, sou ek. Dit was 'n ongelooflike ervaring, die blyplek, die l...
Sien meer
Jul 2025
Enel V
Saam met vriende
5.0
Ons het baie lekker gerus, gebraai, gekuier en rondgery. Bosveldhuis is die perfekte vakansiehuis vir 'n groep mense. Dis 'n groot huis. Privaat in di...
Sien meer
Jun 2025
Leslie George R
Gesin met tieners
5.0
Bird song relaxing. We had a wonderful stay in this house, which was immaculately clean and organised with everything we needed at our ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Helene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Portion 13 & 16, Rooibank Farm, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Rooibank het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 13 & 16, Rooibank Farm, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ee8791aa5974d1d6816ce7942c79555a7404d74790210e1262bda8e8fc80d628aeecf69a947ef7393f9813569c3342ee963?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 Portion 13 & 16, Rooibank Farm Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.366723896878 28.367937701477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang