Successfully reported
+76

St George's Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 77 George's Valley Road, Farm Pusela, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

St George's Guest House is geleë op die pragtige plaas Pusela, reg langs die George's Valley-pad die R528. Dié verblyf is ideaal vir reisigers wat op soek is na 'n oornagplek, naby die dorp en ander besienswaardighede in die area.

Verblyf word gebied in 4 elegant versierde kamers. Drie kamers is ingerig met koningingrootte-beddens en een kamer het 2 driekwartbeddens. 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi-verbinding, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër is beskikbaar.

Veilige parkeerplek word vir alle gaste voorsien. Daar is 'n restaurant op die perseel wat maaltye bedien. Gaste kan ook 'n koffie of tee met tuisgemaakte beskuit geniet op die voorstoep wat uitkyk oor die boomryke tuin met sy pragtige voëllewe en apies.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Luan H D
Besigheidsreis
5.0
Netjies, ruim en waarde vir geld! Baie gasvry, gerieflik en goeie waarde vir geld! Alles wat mens benodig en nog bederfies met beskuit en vars melk.
Aug 2025
Daleen J
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Ons het regtig lekker gebly. Kamers was uitstekend toegerus en heerlik om in te oornag.
Aug 2025
Tania V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Uitstekende verblyf. Eienaar gaan uit haar pad om jou tuis te laat voel.
Aug 2025
Christelle R
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay. Highly recommend this guesthouse! Lovely guesthouse. Orchids flowering in the garden! Warm and friendly host. Beautiful roo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Annelie O
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing. Ons het lekker gebly. Pragtige plek en so rustig. Sal weer kom.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 77 George's Valley Road, Farm Pusela, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Gaste dink St George's Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 77 George's Valley Road, Farm Pusela, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9VZrxoirTNyXtPltlG03Wb3SqLQz5gmB1v3WPlvKK3A88kDDXo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 77 George's Valley Road Farm Pusela 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.84111176232 30.130557207269
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang