Comic Con Africa is Suid-Afrika se vernaamste multi-genre-strokiesprentkonvensie en spog met twee groot geleenthede — een in Johannesburg en een in Kaapstad. Dit vier alles rakende popkultuur, insluitend strokiesprente, videospeletjies, anime, manga en wetenskapsfiksie. Sedert dit in 2018 ontstaan het, het dit ’n hoofbyeenkoms vir die plaaslike aanhangergemeenskap geword en lok dit elke jaar tienduisende deelnemers. Die geleentheid bied ’n diverse reeks aktiwiteite soos gesprekspanele met internasionale bekendes, ’n massiewe speletjiesaal en ’n verskeidenheid stalletjies wat eksklusiewe handelsware verkoop. Die hoofdoel is om ’n ruimte te skep waar aanhangers kan ontmoet, hul passies met mekaar kan deel en hul gunsteling-franchises kan vier. ’n Belangrike deel van die ervaring is die cosplay-kompetisie waar deelnemers hul kreatiwiteit ten toon stel deur as hul gunstelingkarakters aan te trek.

Foto te danke aan Comin Con Africa

Waar word dit gehou

Comic Con Africa Johannesburg

  • Maand: September
  • Plek: Johannesburg Eksposentrum

Comic Con Africa Kaapstad

  • Maand: Mei
  • Plek: Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (KIKS)
  • Ontmoet internasionale bekendes: Kry die kans om bekende akteurs, stemkunstenaars en karakters van jou gunstelingprogramme en -flieks te ontmoet.
  • Artist’s Alley: Bewonder en koop unieke kuns van talentvolle plaaslike en internasionale kunstenaars.
  • Cosplay-kompetisies: Sien ongelooflike kostuums en moedig deelnemers tydens die gesogte Comic Con Africa Cosplay-kampioenskappe aan.
  • Speletjiesone: ’n Massiewe area is aan speletjies toegewy en sluit toernooie, kreatiewe sones en uitstallings van die nuutste speletjies en tegnologie in.
  • Uitstallersvloer: Koop strokiesprente, handelsware, versamelstukke en eksklusiewe items van ’n verskeidenheid verskaffers.
  • Panele en werkswinkels: Woon vraag-en-antwoord-sessies, werkswinkels en panele by met bedryfskundiges, vervaardigers en bekendes.
  • KidsCon: ’n Spesiale area vir die kleinspan om interaktiewe aktiwiteite, speletjies en werkswinkels te geniet.
Foto te danke aan Comic Con Africa

Beplan jy om ’n naweek van Comic Con Africa te maak? Hier is ’n paar top-keuses vir verblyf naby albei geleenthede:

Dit is ’n selfsorgwoonstel vir ses gaste in ’n veilige gebou in Johannesburg se middestad. Die dakwoonstel beskik oor ’n privaat dakstoep met ’n warmbad, vuurput en braaigeriewe – perfek om saam met vriende ná ’n lang dag by die konvensie te ontspan. Die sentrale ligging bied ook maklike toegang tot die eksposentrum en ander besienswaardighede in die stad.

Hierdie hotel bied gerieflike verblyf aan twee gaste per kamer. Elke kamer beskik oor ’n en suite-badkamer en is met ’n platskerm-TV en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste het ook toegang tot die swembad en veilige parkeerplek. Dit is ’n goeie opsie vir diegene wat na ’n eenvoudige, gerieflike en rustige plek met al die nodige geriewe soek.

Nyasa Villa is ’n selfsorghuis wat perfek vir groter groepe is. Dit bestaan ​​uit vyf slaapkamers en kan tot tien gaste akkommodeer. Die villa beskik oor ’n volledig toegeruste kombuis, verskeie leefareas, ’n kroeg, swembad, warmbad en ’n braai-area. Die ruim uitleg en talle vermaakgeriewe soos ’n pooltafel en TV, maak dit ’n uitstekende keuse vir groepe wat na ’n opwindende dag by Comic Con wil kuier en ontspan.

Hierdie woonstel is in die The Onyx-gebou geleë, ’n moderne gebou in die hartjie van Kaapstad. Dit is ’n selfsorgwoonstel met een slaapkamer, ’n volledig toegeruste kombuis, ’n sitkamer en ’n platskerm-TV. Gaste het ook toegang tot die gebou se geriewe wat ’n swembad en ’n gimnasium insluit. Die sentrale ligging maak dit ’n uitstekende basis vir besoekers wat naby die KIKS wil wees en die stadslewe wil ervaar.

Winks 409 is in die middestad geleë en ’n gerieflike selfsorg-ateljeewoonstel wat ideaal vir ’n enkelreisiger of ’n paartjie is. Die woonstel het ’n oopplan-uitleg met ’n gemaklike koningingrootte-bed en die sentrale ligging bied maklike toegang tot die KIKS. Dit is ’n ideale opsie vir diegene wat op die geleentheid wil fokus en ’n gerieflike blyplek soek.

Dié ruim selfsorgwoonstel is perfek vir ’n groep of ’n gesin van vier wat die geleentheid bywoon. Dit bied twee slaapkamers met en suite-badkamers, ’n volledig toegeruste kombuis, leefarea en ’n privaat balkon met ’n uitsig oor die stad. Die ligging naby die hawe en die selfsorggeriewe maak dit ’n praktiese en gerieflike keuse vir gaste wat huislike verblyf naby die konvensie wil hê.

Kliek hier vir nóg verblyfopsies naby die Johannesburg-geleentheid en die Kaapstad-geleentheid.

Of jy nou in Johannesburg of Kaapstad is, Comic Con Africa is ’n geleentheid wat popkultuur-aanhangers met ’n opwindende en feestelike atmosfeer bymekaarbring. Kom ontmoet jou helde en verken nuwe stokperdjies, want dié konvensie belowe ’n ervaring soos geen ander nie. Moenie tot die laaste minuut wag om jou blyplek vas te maak nie — bespreek nou en wees deel van Suid-Afrika se grootste comic-vieringe!