Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Aardklop: Vier kuns en kultuur in Potchefstroom

Ervaar die Aardklop-atmosfeer Aardklop is een van Suid-Afrika se voorste kulturele vieringe wat jaarliks ​​in Potchefstroom in Noordwes plaasvind. Aardklop, wat gewoonlik vroeg in Oktober gehou word, lok besoekers van reg oor die land om ’n week van teater, lewendige musiek, komedie, kabaret, visuele kunste en gesinsvriendelike vermaak te geniet. Met meer as 700 kunstenaars […]

George Landbouskou | Die Tuinroete se grootste boerderygeleentheid

Elke jaar rondom Augustus neem die George Landbouskou die George Skougronde oor en sorg dit vir ’n feestelike naweek van boerdery, kos, vermaak en gemeenskapsgees in die Suid-Kaap. Hierdie ikoniese landbougeleentheid is al meer as 160 jaar deel van die streek se erfenis, en dit groei steeds – letterlik en figuurlik. Of jy nou ’n […]

Ontdek Hermanus: ’n Gids vir strande, wynplase en besienswaardighede

Hermanus spog met ’n rits idilliese strande, heerlike restaurante en koffiewinkels, oulike kunsvlytwinkels en lekker doendinge. Boonop het LekkeSlaap ’n groot verskeidenheid en oorgenoeg lekker blyplekke te kies en te keur. In dié artikel vertel ons jou alles wat jy moet weet sodat jy solank jou volgende wegbreek na hierdie onvergeetlike dorp kan beplan.  Wat […]

Witwarm binnebraai-wegbreke in die Wes-Kaap

Erfenisdag is om die draai en wat is ’n beter manier om Suid-Afrika se ryk tradisies te vier as met ’n braai? So, neem jou braai-ervaring ‘n kerf hoër deur na die Wes-Kaap se beste blyplekke met binnebraaigeriewe weg te breek! Of jy nou op soek is na ’n gesellige wegbreek vir twee, ’n prettige […]

’n Rinkinkkuier op die Tuinroete: Van Oudtshoorn tot Knysna

Hierdie week gons LekkeSlaap oor ’n kuier op die Tuinroete! Kom saam op ons reis deur asemrowende bergpasse en ontdek die wonders wat dit bied ─ pragtige natuurskoon, diere met vere tot plooie en salige toevlugsoorde. So, rol af en lees verder oor hierdie avontuur vol opwinding, skoonheid en verwondering! Kredouwpas Die Kredouwpas op die […]

Plaaswegbreke met pizza-oonde in die Wes-Kaap

Pragtige, kristalhelder water, sprokiesagtige berge en spierwit sand is maar net ván die beelde wat die meeste mense oproep wanneer hulle aan ’n vakansie in die Wes-Kaap dink, maar so heerlik soos wat dit klink, weet ons ook dat die koue water wat ysblokkies van jou tone maak nie almal se idee van ’n ontspannende […]

Die 7 beste ontbytplekke in en om Kaapstad

Die Moederstad spog met topklas-restaurante om elke hoek en draai en LekkeSlaap het ’n paar van ons gunsteling-ontbytplekke bymekaargemaak waar jy heerlik sal smul. Om dit nóg beter te maak, het ons ook verblyfopsies naby elke restaurant gekies om jou wegbreek in die Moederstad werklik onvergeetlik te maak. Kleinsky’s, Kaapstad Kleinsky’s is vir hulle egte […]

Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat

Almal ken Clarens — of altans, almal weet van Clarens. Dit is die naaste wat baie van ons aan ’n Europese vakansie sal kom, maar dis beslis nie ’n minderwaardige sakpasweergawe nie! Dié juweel van die Vrystaat is slegs drie ure vanaf Johannesburg en is dus om goeie rede onder die stedelinge bekend, maar ons […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang