Die Old Mutual go2berg-wedren neem fietsryers op ’n onvergeetlike bergfietswedren deur Suid-Afrika se skouspelagtige landskap. Fietsryers begin die sewedag-avontuur in Villiers, Vrystaat en eindig by Champagne Castle in die Drakensberge, KwaZulu-Natal. Die wedren strek oor uitdagende terrein en deur afgeleë natuurskoon en bring gemeenskappe bymekaar. Dit is meer as net ’n wedren, dit is ’n reis waartydens deelnemers se uithouvermoë getoets word. Hetsy jy ’n podiumposisie najaag of bloot op die kantlyn as ’n ondersteuner staan, hierdie geleentheid beloof asemrowende roetes en lewenslange herinneringe.

Waaroor gaan die wedren?
Die Old Mutual go2berg is een van Suid-Afrika se mees opwindende skofresies wat bergfietsryers se uithouvermoë tot die uiterste toets. Deelnemers ry oor uiteenlopende terrein, van plase en gruispaaie in die Vrystaat tot bergpasse en afdraande in KwaZulu-Natal. Hulle ry deur dorpe soos Frankfort, Reitz en Clarens voor hulle by die Sterkfonteindam, Emseni naby Winterton en uiteindelik in die Drakensberge, ’n UNESCO-wêrelderfenisgebied, uitkom.
Die wedren se inklusiwiteit maak dit werklik spesiaal – of jy nou ’n kompeterende bergfietsryer is of sommer net saam met vriende wil toer, die go2berg bied iets vir almal. Deelnemers kan afgeleë roetes waar die enigste verkeer ander fietsryers is, asemrowende natuurskoon en ’n warm verwelkoming van die gemeenskappe op die roete verwag.

Ligging en kaartjies
Die Old Mutual go2berg vind jaarliks plaas en begin in Villiers in die Vrystaat en eindig by Champagne Castle in die Drakensberge in KwaZulu-Natal. Kaartjies is op die amptelike webtuiste beskikbaar.
Wat is die hoogtepunte?
- ’n Sewedag-skofresies deur die Vrystaat en KwaZulu-Natal
- ’n Skilderagtige roete deur Frankfort, Reitz, Clarens en al langs die Sterkfonteindam
- Massiewe afdraande in KwaZulu-Natal met ’n uitsig op die Drakensberge
- Inklusiewe kategorieë: bergfietsryers en e-fietsryers is welkom
- ’n Solo-wedrenformaat met opsionele groeptoere
- Gemeenskapsgasvryheid en oornagplekke in plaaslike dorpe
- ’n Pragtige eindpunt by Champagne Castle in die Drakensberge

Wenke vir deelnemers
- Oefen om uithouvermoë op te bou.
- Pak vir alle weersomstandighede, want dit kan van provinsie tot provinsie verskil.
- Maak seker jy het die regte toerusting en dat jou fiets gereed is.
- Fietse is te huur as jy nie jou eie het nie.
- Arriveer vroeg in Villiers om die opwindende atmosfeer voor die wedren te ervaar.
- Selfs al ry jy alleen maak dit die ervaring meer pret om saam met vriende te ry.
Bly naby die wedren
Beplan jy om aan die go2berg deel te neem of om ’n toeskouer te wees? Hier is fantastiese verblyfopsies naby die wedren:
Bly naby die beginpunt
Niki’s Stonehouse B&B
(650 m vanaf die beginpunt)

Niki’s Stonehouse B&B in Villiers bied verblyf aan 14 gaste in sewe en suite-slaapkamers met lugversorging, DStv en veilige parkeerplek. Ontbyt word soggens in die hoofhuis bedien.
Zandput Guest Farm
(35 km vanaf die beginpunt)

Hierdie rustige selfsorghuis op ’n plaas in Frankfort is ideaal vir 11 gaste en beskik oor vier slaapkamers, moderne geriewe en ruim leefareas. Gaste kan buite op die stoep braai en die natuurskoon geniet terwyl die kinders op die grasperk baljaar.
Fish Eagle Farmstay
(61 km vanaf die beginpunt)

Fish Eagle Farmstay in Frankfort is ’n selfsorgwegbreek met slaapplek vir agt gaste. Die huis beskik oor vier slaapkamers, drie badkamers, ’n toegeruste kombuis, ’n knus sitkamer met ’n kaggel, ’n buitebraai- en boma-area, en veilige parkeerplek.
Bly naby die eindpunt
Shiloh Cottage
(10 km vanaf die eindpunt)

Shiloh Cottage is ’n luukse selfsorgkothuis met ’n 180°-uitsig oor die dam en op die berge in ’n Wêrelderfenisgebied in die Drakensberge. Die kothuis bied slaapplek aan ses gaste in drie en suite-slaapkamers en beskik oor ’n volledig toegeruste kombuis, ruim leefareas en ’n stoep met ’n Jacuzzi, pizza-oond, vuurput en braaigeriewe.
Plain Champagne
(10 km vanaf die eindpunt)

Hierdie grasdakhuis op ’n 60-hektaar plaas naby Cathkin Park is ideaal vir 12 gaste. Dit het ses en suite-slaapkamers, ’n goed toegeruste kombuis, leefareas en buite-areas soos ’n dek, grasperk en ’n boma.
Highbourne Cottages
(1,8 km vanaf die eindpunt)

Highbourne Cottages in Cathkin Park bied eko-vriendelike selfsorgverblyf in die Monks Cowl Natuurreservaat. Daar is twee volledig toegeruste kothuise met knus leefareas, kaggels en privaat ingange, asook ’n pragtige tuin met braaigeriewe. Elke eenheid bied slaapplek aan vier gaste en word deur berge omring.
Kliek hiér vir nog verblyfopsies naby die Old Mutual go2berg se beginpunt en eindpunt.
Bespreek jou verblyf vir die go2berg-wedren
Moenie die Old Mutual go2berg-wedren misloop nie. Hetsy jy kompeterend of net vir die lekkerte deelneem, of op die kantlyn staan as ondersteuner, hierdie wedren bied die perfekte kombinasie van uithouvermoë, reis, samesyn en natuurskoon. Bespreek jou verblyf om jou blyplek naby een van die land se mees ikoniese fietsry-avonture te verseker.
Hooffoto te danke aan The Courier Guy