Trek jou kalender nader en pen hierdie geleentheid neer as jy na ’n bietjie avontuur verlang! Die South African 4×4 & Outdoor Show by die Zwartkops-renbaan is ’n ikoniese geleentheid vir avonturiers, reisigers en buitelug-entoesiaste wat op soek is na die nuutste toerusting en kundige advies. Of jy nou droom van jou volgende roetereis of sommer net jou kampeertoerustig wil opknap, hierdie buiteluggeleentheid in Gauteng is werklik die beste plek vir enigiets relevant tot 4×4-voertuie en -karavane, daktente en hersteltoerusting. 

Die skou word jaarliks as ’n top-geleentheid in die land vir die buitelug- en reisbedryf beskou. Dié geleentheid by die ikoniese Zwartkops-renbaan naby Pretoria is veel meer as net ’n uitstalling – dit is ’n interaktiewe, aksiebelaaide fees wat die vryheid van roetereis en die buitelewe vier. Besoekers kom om die nuutste 4×4- en sportnutsvoertuie (SUV’s) te vergelyk, kampeertoerusting te koop en by ervare veldreisigers te leer. Die skou bied ’n groot verskeidenheid van meer as 100 uitstallers wat die nuutste karavane, innoverende watervaartuie, kragtige veldfietse en premium-avontuurtoerusting ten toon stel. Dit is ’n moet-besoek-fees vir gesinne en avonturiers!

Foto te danke aan South African 4×4 & Outdoor Show
  • Dinamiese, interaktiewe ervarings: In plaas daarvan om net na voertuie te kyk, kan jy die opwinding eerstehands ervaar.
  • Gespesialiseerde toetsbane: Jy kan die nuutste 4×4’s en sportnutsvoertuie toetsbestuur of die uitdagende 4×4-hindernisbaan gratis as ’n passasier ervaar.
  • ’n Ongelooflike gemeenskap: Jy kan met ervare kundiges gesels, noodsaaklike wenke sonkrag of navigasie kry en spesiale afslag op toerusting kry.
Foto te danke aan South African 4×4 & Outdoor Show

Die South African 4×4 & Outdoor Show vind by die Zwartkops-renbaan op die R55 in Centurion plaas. Kaartjies vir die skou kan vooraf op die amptelike webtuiste gekoop word. Daar is genoeg veilige en gratis parkeerplek op die perseel beskikbaar. Die skou laat ook honde toe, wat verseker dat alle lede van die gesin die fantastiese daguitstappie kan geniet!

  • Aanskou waaghalsvertonings en voertuigdemonstrasies.
  • Skuif in agter die stuur van die nuutste 4×4- en SUV-modelle of geniet ’n opwindende saamry-ervaring. 
  • Besoek meer as 100 uitstallers vir die nuutste toerusting en wenke.
  • Kry waardevolle wenke van ervare reisigers en bedryfskundiges om jou volgende roetereis te verbeter.
  • Die deli- en kunsmark bied baie om te sien en die kosstalletjies en  bier- en wyntuin sal jou honger en dors les.
  • Die skou spog met ’n spesiale kinderarea en selfs helikopterritte met ongelooflike uitsigte oor die skou.
Foto te danke aan South African 4×4 & Outdoor Show
  • Maak seker jy arriveer vroeg, veral as jy eerste in die ry vir die gewilde toetsbestuur-ervarings wil wees. 
  • Die skou se uitleg strek oor verskeie areas, so gryp ’n kaart met aankoms.
  • Onthou om gemaklike skoene aan te trek, want jy baie gaan stap!
  • Kaartgeriewe is redelik beskikbaar, maar kontant kan transaksies by kleiner stalletjies vinniger maak.

Soek jy ’n gerieflike blyplek wat maklike toegang tot die geleentheid bied? Hier is ’n paar topverblyf-opsies naby die skou:

Hierdie rustige en veilige gastehuis in Centurion se Raslouw-area bied nege en suite-kamers wat elkeen twee gaste kan akkommodeer. Die gastehuis spog met ’n gaste-sitkamer, swembad, WiFi en sekere DStv-kanale  in elke kamer sodat jy behoorlik agteroor kan sit ná ’n lang dag by die skou. Elke kamer bied koffie- en teemaakgeriewe en ontbyt en aandete is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.

De Zoete Rust is ’n bekoorlike gastehuis wat ook in ’n rustige area in Centurion geleë is. Elke kamer bied slaapplek aan twee gaste op ’n koning- of koningingrootte bed, sluit ontbyt in en het lugversorging en ’n en suite-badkamer met ’n Jacuzzi-bad of ’n stort. Daar is ook ’n verhitte swembad, welige tuin en veilige parkeerplek. Jy kan selfs jou wasgoed en jou kar op die perseel laat was voor jy weer huis se kant toe keer!

9 On Valkyrie is ’n selfsorgkothuis in Valhalla, Centurion, wat gerieflike verblyf aan vier gaste in twee slaapkamers bied. Dit is ’n uitstekende opsie vir ’n klein gesin of ’n groepie vriende, met ’n toegeruste kombuis met ’n skottelgoedwasser en wasgoedgeriewe. Julle kan op die stoep met ’n Weber-braai ontspan, die gratis WiFi benut en met gemoedrus kuier terwyl julle voertuig veilig geparkeer is. 

Klik hier vir meer verblyfopsies naby die skou.

Moenie dié avontuurnaweek in Gauteng misloop nie! Die South African 4×4 & Outdoor Show is die beginpunt van jou reis om die pragtige landskappe van Suid-Afrika te verken. Koop jou kaartjie, bespreek jou verblyf naby die Zwartkops-renbaan op LekkeSlaap en maak gereed om jou passie vir die buitelewe aan te wakker!

Hooffoto: South African 4×4 & Outdoor Show