LekkeSlaap blog
Kategorie: Mpumalanga
 
                    4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie
Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor! Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam […]
 
                    As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika
Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so […]
 
                    Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng
Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol […]
 
                    Kom Klink ’n Glasie op dié Gesellige Kuierstoepe!
Die ideale stoep het genoeg sitplek vir ’n groot groep vriende of die hele familie, ’n asemrowende uitsig, gemaklike meubels, braaigeriewe om saans ’n vleisie oor die kole te gooi, en speelplek naby vir die kinders. LekkeSlaap het dié lysie in gedagte gehou en ’n paar gesellige kuierstoepe gaan uitsoek waar jy en jou kroos […]
 
                    Perfekte Plekke om Verloof te raak
Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]
 
                    Olifante: Afrika se Slim Reuse
Olifante is nie net die grootste lede van die Groot 5-klub nie, hulle staan ook hul plek vol in Suid-Afrika se kulturele bewussyn. Rotskunstenaars dokumenteer al vir duisende jare die aanwesigheid van olifante in Suid-Afrika, en danksy Dalene Matthee is ’n olifant, letterlik en figuurlik, een van die grootste figure in ons literatuurgeskiedenis. Wie sal […]
 
                    Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke
Brand jy vir ’n luukse wegbreek wat ’n eiesoortige ervaring van ons mooie land bied? Moenie verder soek nie! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 10 boetiekblyplekke regoor Suid-Afrika wat op elke oordeelkundige reisiger se droomlysie hoort! Boetiekblyplekke is klein, intiem, eksklusief en bied net ’n handjie vol kamers wat elk individueel versier is, daarom […]
 
                    4 Wegkruipgrotte ver van Alles en Almal
Dis moeilik om nie verstom te staan voor die mensdom se vermoë om asemrowende wonings uit beton, staal, glas, en klip te skep nie. Dink maar aan die Burj Khalifa en die Burj Al Arab in Dubai, One World Trade Centre in New York, Sydney se Operahuis, en die Petronas Twin Towers in Kuala Lumpur. […]
 
                 
                