Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"'n Groot gerieflike dorp waar mens alles kan kry wat jy moontlik nodig sou vind."
"Ons het 'n wonderlike dag deurgebring in die Karoo Nasionale Park. Ons sal dit hoogs aanbeveel vir diegene wat nog nie 'n tydjie gemaak het om die park te besoek nie. "
"Beaufort-West soos die res van die Kaapprovinsie word baie goed skoongehou. Ons haal ons hoed af vir die munisipaleit en hul werkers. Welgedaan!"
"Ons het die museums baie geniet en die dorpie is pragtig, al wat bietjie erg was is die verkeer reg deur die dorp."
"'n Redelik groot dorp met al die nodige geriewe selfs 'n Spur Restaurant.. Baie netjiese oornaggeriewe gesien so met die deurry."
"Steenbokkie-karavaanpark en Karoo Nasionale Park beslis besienswaardighede. Ook diens en vriendelikheid baie goed."
"I love Beaufort West as my husband grew up in the town. Still the only place I stay overnight on route to Cape Town from Gauteng."
"Die Karoo Deli aan die oorkant van Youngs Halfway House is definitief 'n besoek werd. Die tipe braai-opset was 'n eerste vir ons. Werklik genotvol."