Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
"Stellenbosch is hemel op aarde. Dit het die mooiste berge en daar is soveel om te doen. Mens kan nie verveeld raak nie. Die plek stimuleer jou kreatiewe kant en sal graag eendag daar wil woon."
"Make sure that you contact Morena (Franschoek Pass Winery) to taste and buy the best kept secret of South African MCC Champagnes and even get the French Thierry Lesne at decent prices! The Brut Rose is a winner!"
"Snags is dit nogal rumoerig en die karre raas ... maar dan oorskadu die parkeer en stap gerief die rumoer."
"Ons is al jare in en uit Worcester, baie lekker plek, ken elke hoek en draai uit ons kop! Partykeer net oorvol en besig. (Panorama is die stil deel.)"
"Asemrowend die omgewing is pragtig omring deur die berge. Sonsopkoms is pragtig. Skemer oor die see is wonderlik, mens kan lekker sundowners geniet op die strand."
"'n Rustige omgewing om na terug te keer nadat ons 'n dag in Kaapstad spandeer het en het ook sommer vir 'n wynproe by Vrede en Lust gegaan."
"Not much to do around here, except eat and see some art/antiques. It's a lovely, friendly town though."
"Dit was nie vreelik lekker om skemertyd, na aandete, rond te wandel nie. Die boemelaars was bietjie lastig. Twee van die plekke se diens was ook nie watwonders nie. Illy koffiewinkel het tekere gegaan omdat ons met 'n vaste R100 betaal vir 'n koffie en hulle het nie kleingeld nie. En by Bon Bon wag ons tot vandag nog vir die middagete spyskaart. Verder was die dorpie pragtig, met 'n rustige atmosfeer."
"Stellenbosch, Paarl en Franschhoek die meer bekende wynlandgoedere, maar Wellington staan geensins terug nie en het ook historiese besienswaardighede. "