Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3555 reviews.
"Die Boland is asemrowend mooi. Baie stap- en fietsry-roetes. Vriendelike mense en goeie restaurante om by te eet."
"Sentraal geleë om die minder bekende wynlande te verken. Dagritte oor Bainskloof na Tulbagh en Ceres of na Riebeeck-Kasteel of Paarl is aanbeveel. Bovlei is 'n rustige en stil omgewing waar mens kan wegkom van die stadsgewoel. "
"Interessante dorp vir 'n wegbreek naweek, alhoewel dit baie druk kan word oor naweke en feesgeleenthede soos Bastilledag."
"Beautiful little village which I will definitely visit again. Lovely shops and restaurants."
"Vir ons is dit ons plek vir sielsrus kry. Fantastiese wynomgewing en die ontvangs wat mens by al die kelders kry is wow!"
"Ons besoek die Strand normaalweg vir werk en om ons familie te besoek, minder dikwels vir vakansie, nietemin geniet ons dit altyd om daar te wees."
"Ons is self van 'n gastehuis en is van mening dat ons oorsese gaste meer aangemoedig moet word om Tulbagh te besoek. Dit is nie baie ver vanaf Kaapstad/Gordonsbaai en akkommodasie in die omgewing is te kus en te keur. "
"Baie goeie restaurante, maar teleurgesteld dat die winkels so agteruitgegaan het."
"'n Lieflike dorpie en interessante omgewing wat beslis 'n paar dae se oorbly werd is."
"Pragtige plek! Rustig en veilig. Mooiste kuns en vermaak! Julle sien ons baie gou weer."
"Ons het 20 jaar hier gebly en het altyd gewonder hoe ons weer hier kan kom permanent bly! Dit is ook goed as jy miskien kinders het en jy kan vir hulle dophou hier van bo af. So ek kan geen slegte kommentaar lewer nie."
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."