Verified Reviews
Citrusdal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Citrusdal
Rated 4 out of 5 based on 227 reviews.
"Lovely area with the combination of mountain walks and citrus groves."
"Dis bitter klein en restaurante is maar skaars, maar as jy móét eet, gaan na Bydidam, daar's 'n restaurant met die naam Salome's Grapevine."
"Farming town consisting of different cultures. Basic shopping can be done at the local Spar."
"Sou net graag toegang wou verkry na die "Baths" net om te sien hoe dit daar lyk. Ons lief die omgewing en sal defnitief weer Citrusdal en Cederkloof 'n punt van verblyf maak."
"Pasop vir verkeersbeamptes! Aangesien die padtekens so swak geverf is. Geen normale mens kan dit sien nie, net hulle, en dan wil hulle net kaartjies uitskryf!"
"Wanneer jy dorp inry, wees maar versigtig vir die slaggate, want dit was glad nie 'n plesier om deur die dorp te ry om dit so bietjie te verken nie."
"Die dorpie is altyd in chaos en definitief nie mooi nie, maar die omgewing is pragtig en die moeite werd om te besoek."
"Hoogs aan te beveel vir iemand wat vinnig wil wegkom van die stad. Naby genoeg vir 'n naweek-wegbreek."
"Citrusdal self is gemiddeld maar dit is n goeie ligging vir die omgewing se Cederberg ondekking. As mens se fokus net stap is dan is Algeria ’n beter area om te bly."
"Citrusdal is gerieflik naby en daar is 'n Spar waar jy alles kan kry wat jy kan benodig."
"Sal aanbeveel dat mense hul aankope nie in Citrusdal doen; dit is geweldig besig op 'n Vrydag en Saterdag met Spar vol seisoenwerkers. Doen aankope voor die tyd. Die garage het wel 'n kiosk vir die nodige."