Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."
"Raak elke keer duurder. Sommige van die snuisterye te koop is tipiese vlooimark produkte wat nog duurder verkoop word. Eksklusiwiteit sal die behoud van Clarens wees."
"Clarens is 'great'! Los die kos by die huis en vat net genoeg geld saam, ons het met al ons kos en nog meer teruggegaan huis toe. Die mense is vriendelik en die plek is rustig en veilig. Die hoogtepunt was die 'white river rafting' op die Asrivier, wat 'n avontuur saam Kallie se 'crew'."
"Quaint little town. Both vibrant and peaceful. Lots to do and see (before 17:30). We Ziplined at Clarens Xtreme. The children had loads of fun and the staff was helpful and friendly. Safety seems to be a high priority. We struggled to get a place to eat dinner with children as most places closed at 17:30. The variety in the supermarket is limited. Clarens Xtreme also has a lovely Ossewa camp just outside Clarens for groups or families. Lovely setting and good facilities. We took a youth group during a previous trip and had great fun! Ollie Esplin (the owner) is also very knowledgeable about the geography (stone formations, etc.) and the history of the area. Worth a trip with him. "
"Clarens is 'n pragtige dorp, die mense is vriendelik en pryse is oor die algemeen redelik en aanvaarbaar."
"Fantastiese eetplekke, maar die craft winkels gaan baie agteruit. Die voorraad bly al vir jare dieselfde."
"Clarens is sekerlik een van die mees idealistiese dorpies in die Oos-Vrystaat indien nie die hele Suid-Afrika nie. My vrou het haar hart verloor op die plekkie."
"'n Uitsonderlike, pragtige omgewing met interessante winkels en eetplekke loopafstand binne die dorp. Baie lekker geëet by restaurante."
"In Clarens kan jy die pragtige natuur geniet, maar ook vir ons stadsmense is daar oulike winkels en lekker eetplekke. As jy in die natuur wil wees kan jy veilig in die berg gaan stap of as jy tussen mense wil wees kan jy in die oulike dorpie stap. "
"A quaint little village to enjoy walking outside, eating outside and enjoying mountain activities."
"Die natuurskoon van die omgewing en die rustigheid van die dorpie is bekoorlik. Ons het nooit onveilig gevoel nie."