Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3057 reviews.
"Mal oor die plek....mens is ontspanne die oomblik as jy uit die kar of af van die motorfiets af klim...."
"Lovely vibe in Clarens, very interesting shops. Lovely meal at the Posthouse in front of a log fire."
"Dis die derde keer wat ek nou Clarens besoek het en het nog steeds nie by al die klein plekkies uitgekom nie. Dis net heerlik om in so 'n mooi plek so kuier-kuier rond te dwaal. "
"Clarens is beslis 'n sielsverrykende ervaring. Soveel om te sien en doen in en om Clarens. Die majestueuse berge is fenominaal enige tyd van die jaar en pragtig in elke seisoen. Ek sal ter enige tyd enige iemand aanraai om 'n draai in Clarens te maak. Die doen en late asook die kleure en prag van Clarens kan vergelyk word met 'n mooi vrou in elke geur vir 'n ieder en elke smaak, net soos die digter van ouds geskryf het. "My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel, daar's iemand ... iemand in anys, daar's 'n vrou in elke geur!" "
"Pragtige omgewing, vriendelike mense en 'n baie lekker ondervinding om in Clarens rond te stap."
"Clarens is 'n baie mooi en lekker dorpie. Ons sal enige dag weer teruggaan."
"Clarens is 'n regte kunstenaarsdorpie! Die wolwinkel se dames verdien 'n pluimpie! Die vriendelikste twee dames en was ook baie behulpsaam! En die mooiste komberse!"
"Verdeel Suid-Afrikaanse toeriste in twee groepe: Die wat Clarens beleef het en die wat Clarens nog nie beleef het nie!"
"Dit is een van die mooiste plekke waar ons nog was, en ons was al by baie. Sal definitief weer gaan kuier."
"Mooi dorpie met baie geskiedenis. 'n Definitiewe aanbeveling vir enige iemand wat uit die stad wil kom en die natuur wil inneem. Go Clarens!"