Geverifieerde Resensie
Dinokeng Game Reserve
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng Game Reserve bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 592 resensies.
"Always enjoy a trip to this bush on the door steps of JNB/PRE! Guided drives are best to experience the full extent of animals on the reserve. Perfect place to chill for the weekend."
"Het nie regtig die paaie gebruik of rondgery in die reservaat nie, en moes amper R300 opdok. Het nie eers 'n bokkie gesien nie."
"The reserve is beautiful. Only thing, is the map that is given for the self-drive. It's not simple to read and lots of the points are not the same as the map."
"Baie lekker. Ons het luiperd ook gesien. Daar kan meer wild wees. Mens moet redelik soek om die bokke te sien. Vriendelik en behulpsaam by die hek. Die kaart is nie 100% op datum nie, maar jy kan steeds jou weg vind."
"More awareness of the conservation fee should be made, otherwise it was a lovely experience."
"Te min selfryroetes en die toeristekaart is baie gebruiksonvriendelik. Die winkels binne die reservaat laat ook veel te wense."
"Dit is ongelooflik om die diere so gesond te sien. Die wildreservaat is ongelooflik om te besoek enige diereliefhebber se droom."
"Kontrole by die hek is nie goed nie en dit was aanvanklik nie duidelik waar die selfritte is nie. Waarskynlik omdat niks by die hek gegee/verduidelik is nie. Baie goeie diens en hulp by een van die ander hekke gekry. Kaart en roete-aanwysings heel goed en het groot verskeidenheid wild gesien."
"Dit is 'n wonderlike vakansiebestemming. Grondpaaie net nie altyd begaanbaar nie."
"Baie lekker. Sien ongelukkig nie altyd baie diere nie, maar nogsteeds lekker vir 'n naweekwegbreek. Mense altyd vriendelik daar."
"Sonder om honderde kilometers te ry, is hierdie wildreservaat gemaklik binne bereik van veral die Gautengers. Selfry-ritte om die Groot 5, onder andere, op te spoor, asook dié saam met ervare veldgidse in wildsbesigtigingsvoertuie bied vele moontlikhede. Verblyf van twee of meer dae by een van die vele boskampe of -herberge dra vir seker by tot ’n genotvolle kuier in die natuur."
"Ons was bietjie teleurgesteld. Daar is nie baie wild nie - die Groot Vyf is definitief nie iets waarop hulle moet roem nie."
"Piekniekplekke regtig skoon en netjies. Baie mooi wild gesien al het dit elke aand gereën. Glo dat dit in die toekoms nog baie meer sukses gaan behaal. Ons sal weer gaan besoek aflê, verseker."
"Unfortunately Dinokeng sometimes is not a quiet bush experience as the local community just outside the park is very loud and their music can be heard at night. The game viewing is not great but still lots of buck and a pleasant bush."
"Kan die bewaringsbydrae ens. nie vooraf betaal word nie? Ons moet langs die pad sit en my dogter moes in die reën na die kantoor gaan om dit te betaal. Dit is boonop gevaarlik en baie ongerieflik."
"Die Golden Impala restaurant was hemels. Die kos was heerlik en die diens was uitstekend. Dit was ook lekker om gesien te word as 'n mens en nie volgens jou velkleur nie. Wens dit kan orals so wees. Die gasvryheid by elke plek waar ons was was fantasies. Ons het tuis gevoel."
"Die selfritroete was baie lekker toe ons dit eers onder die knie gekry het. Sal weer in Dinokeng wil kuier."