Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 592 reviews.
"Perfek geleë naby aan Pretoria. Wonderlik instandgehou met vriendelike diens en die Groot 5. Beslis 'n besoek werd!"
"Mooi reservaat, paadjies baie goed opgepas en was maklik vir ons om rond te ry al het ons nie 'n 4x4 nie."
"Ons het permitte gekoop om self rond te ry in verskeie areas insluitend die Dinokeng Reserve - in drie dae het ons slegs twee volstruise, zebras en bokke gesien. Die wild was nogal teleurstellend. Die piekniek-stal se winkeltjie is swak georganiseerd en die dames wat daar werk is uiters onvoorbereid. Sal nie weer besoek nie."
"Ons het in die Dinokeng Wildreservaat gaan ry op die selfry-roete en het so baie wildlewe gesien! Baie ontspannend en pragtig."
"It's a false sense of going to see the Big 5. You see the Big 5 only when you pay for a game drive because they are in that part where you not allowed to self drive. On the self drive we saw the usual animals which was exciting on day 1 but after not seeing any Big 5 after day 3, you start wondering if they exist and then learn you need to pay for a family to drive in the "proper" game reserve."
"Die grasse (dekgras) was baie hoog. Die diere eet dit nie en dit verhoed dat ons die diere kan sien. Hoekom word daar nie bietjie uitgedun nie?"
"Ons was net verbaas om in ons omgewing paaie wat "toe" is te kry, merkers is sommer net met stukke karton toe geplak wat selfdrive nogal 'n uitdaging gemaak het. Spesifiek merker 45 na die bird hide uit Arlington-weg."
"Ons was teleurgesteld met Dinokeng omdat daar op die webblad Groot Vyf en roofdiere geadverteer is, maar in die vier dae wat ons die selfdrive route gery het, het ons geen Groot Vyf of roofdiere gesien nie. Ons het wel kameelperde, zebras, vlakvarke, koedoes, rooibokke, elande en swartwildebeeste gesien. Die piekniekplekke wat beskikbaar is lyk netjies, maar is glad nie omhein nie en as daar wel so iets soos roofdiere in die langgras wegkruip sal dit nie veilig wees om uit te klim nie."
"Roads are all well maintained and well marked. Easy to drive on. Needs a sightings board or app that is well publicised to guests in the reserve."
"Sal nogals daarvan hou as die park so 'n bietjie vroeër oopmaak vir jou permitte, miskien kan die Adama of mense jou 'n fooi vra en jou kaart en permitte uitsort as jy Vrydag arriveer. In ons geval was ons eers 18:30 daar, so moes Saterdag wag tot 8:00 vir 'n kaart en permitte."
"The reserve claims to have the Big 5 but during our 3 day stay we saw birds, a variety buck, warthog, zebra and giraffe. Not one even elephant in sight (or any other of the big animals)."
"Die self rondry om wild te gaan kyk is baie lekker. Kan dit met 'n gewone kar doen wat net so bietjie meer as normale grond vry hoogte het - kort nie 'n 4x4 of 'n bakkie nie. Daar is wel dele van die roete waar 'n voertuig met redelike (200mm) grondvrye hoogte nodig is. Die beste kans om al die wild te sien egter is as jy op die begeleide wildritte gaan wat weet waar al die diere in die park is."
"Kaart beskikbaar is baie deurmekaar! Baie min wild ongelukkig gesien."
"Ons geliefkoosde plek vir 'n vinnige wegbreek. Naby genoeg, groot verskeidenheid verblyfopsies. Dankie tog vir beter kaarte, die oues het ons erg gefrustreer."
"My grootste kritiek teenoor die Dinokeng Reservaat is die provinsiale pad wat reg deur die reservaat loop. Voertuie gebruik hierdie roete om tolhekfooie te vermy en ry meerendeels onverskillig om so vinnig moontlik deur die reservaat te kom (om binne die 1 uur-spertyd te bly). Gevolglik verloor die reservaat daardie 'reservaat'-gevoel, aangesien daar gedurig trokke, busse ens. deur die reservaat beweeg. Dit bevraagteken ook die veiligheid van wild in die reservaat, asook die moontlikheid om wild te besigtig."
"There are not a lot of animals. The reserve is way too big for the animals they have. Paid our R250 self drive permit and was not very successful in seeing the animals. And that is a shame. The roads also needs attention. With the conservation fees we pay, they can most definitely add an amount to the upgrading of the roads. But other than that its not too bad. Will return."