Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 592 reviews.
"Het heelwat wild gesien, rooibokke, kudu, njala, kameelperde, wilde beeste, zebras, vlakvarke, leeus gehoor in die aand en vroegoggend."
"Uit 'n SANpark Honorary Ranger se oogpunt behoort die hekke te sluit in die aande, gans te veel deurgang verkeer deur die nag, vir 23 000 hektaar plus is sekere wild slegs in areas soos Mongena waar publiek nie kan gaan sonder om top geld te betaal, verspreiding van meer wild sal def aanbeveel word regoor die reservaat."
"Nie al die plekke in Dinokeng doen moeite om wildsritte te reël nie en selfbestuur kan bietjie stresvol wees met van die paaie. Ons het ook al gevind dat daar van die akkommodasie is wat nie op standaard is nie maar so leer mens jou les en gaan net nie weer soontoe nie."
"Ons het nooit geweet watse juweel net hier op ons voorstoep lê nie. Ons sal vir seker terugkeer."
"Net 5 spesies gesien nl. Zebras, springbokke, kameelperd, die Neushoringvoëls en 'n vlakvark. Beslis nie waarde vir jou geld nie."
"Die selfry-permitte gee 'n kaart saam met aanwysings, maar 'n mens word nie gesê van paaie wat tydelik, in ons geval a.g.v. oorstromings, gesluit is nie. Dit mors baie tyd."
"Dinokeng is a special place, especially when you go willing to see all the little things that the bush has to offer."
"Dinokeng is net naby genoeg vir 'n ruskans uit die stad. Goeie ontspanning en die natuur is binne jou bereik."
"Met tyd sal Dinokeng net beter en beter word. Ons glo meer drade moet sak sodat die wild meer kan versprei. Wild was 'n bietjie skaars, maar ons glo met tyd sal wild meer volop word, dit is 'n lang proses. Daar moet meer plan gemaak word rondom dinge soos "hides", maar selfs 'n plek soos die Krugerwildtuin het eers na baie, baie jare die dinge in plek gekry. Daar kan baie verbeter word, maar tyd sal die grootste faktor wees en in tussen sal ons aanhou om Dinokeng te ondersteun, ons het werklik 'n lekker tyd daar gehad."
"Dinokeng is always a winner. Not far from home but far enough to rest away from home!"
"Have not seen the big cats or elephants yet but was a great outing. Love the "veldjie" at the picnic site."
"As we attended a wedding we didn't really have time to view the game but saw quite a few antelope between the main gate and the lodge."
"Sien altyd een van die Groot 5. Gilbert deel inligting oor die veld en diere. Die game drives is altyd aangenaam."
"My daughter has the Dinokeng Game Reserve is, lovely and they did see quite alot of animals. Very impressed all round."
"Dis is 'n wonderlike vakansieplek, maar die padkaarte stem nie ooreen met die bakens in die wildtuin nie, en mens ry baie maklik al in die rondte. Die hoofgrondpaaie is ook nie in 'n baie goeie toestand nie. Die self-drive roetes in die wildtuin self is baie beter selfs in die reën."
"Dinokeng is naby genoeg vir 'n naweekwegbreek, maar selfs vir langer vakansies. Die wildreservaat is baie skoon en die inligting en uitleg van die selfry-besigtiging is uitstekend. Daar is ook 'n verskeidenheid van eetplekke wat beskikbaar van ontbyt tot aandete was en mens is nie beperk tot die kamp van verblyf nie."