Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 840 reviews.
"A very laid-back town to chill and relax at local pubs and restaurants. Stuff to do in and around the area, but perfect to kick back and read a book."
"Wonderlike dorpie. Daar is so baie om te sien en te koop en die restaurante is tops."
"Dit is 'n prentjiemooi omgewing en was lekker om deur die dorpie te beweeg en eetplekke is oulik."
"Dit hang af wat jy wil doen! Ons het gholf gespeel by Highland Gate, so dis baie goed geleë!"
"'n Besige plek om in rustig te wees. Grootliks aangepas vir toerisme, van SA en internasionaal. Meeste plekke is troeteldier-vriendelik. Daar is baie om te doen vir volwassenes soos om deur winkels te loop, verskillende restaurante te probeer ens. Nie seker presies wat kinders sal doen daar nie, maar ek het ook nie probeer uitvind nie. Daar was tog kinders toe ons daar was. Elke plek is uniek. Die dorp voel nie soos die res van die politiek-bevange land nie. Die pad na Dullstroom is gemaklik en netjies."
"Lekker toerismedorpie. Bird of prey was definitely een van ons hoogtepunte gewees! Dullstroom is net verskriklik duur en pryse van alles is hemelshoog! Vat genoeg van alles saam by die huis! (Net 'n tip) Geen Spar en sulke winkels nie!"
"Winkels se inhoud was teleurstellend en min. Gaan gereeld deur Dullstroom en die diens by verskillende restaurante by verskillende geleenthede was skokkend en sleg. Kelners weet nie hoe om goeie diens te lewer nie!"
"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"
"Ons gaan al die afgelope 12 jaar Dullstroom toe, ten minste 1 keer 'n jaar, so ons geniet dit baie. Dis net die laaste 4 jaar wat ons honde het so ons probeer altyd akkommodasie kry wat dierevriendelik is en ons is baie gelukkig dat Dullstroom so dierevriendelik is. Dis die beste klein dorpie naby Johannesburg."