Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"BAIE OULIK EN 'N HEERLIKE WEGBREEK NA 'N BAIE MOOI PLEKKIE OMRING MET BERGE!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Beslis 'n besoek werd en die nabyheid van Golden Gate is 'n bonus."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Baie oulike en interessante dorpie...dit het ons verwagtinge oorskry!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Caledon Country House"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Sal beslis weer teruggaan, hopelik in die winter vir die sneeu."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Baie kommersieel en baie duur. Die eetplekke het baie lekker kos."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Nie rystoelvriendelik nie en gestremdes vind dit moeilik om rond te beweeg."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Studio 28 Clarens"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Die natuurskoon is pragtig. Heerlik om daar rond te loop."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Dit was baie rustig en die mense was baie vriendelik. Het dit regtig geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Baie mooi uitsig, lekker staproetes en eetplekkies."