Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
Brandwacht, Ontsnap Uit Kaapstad
Feel @ Home"Brandwag is 'n rustige plek. Baie wonderlik vir buitelanders."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Stanford Valley Country Lodge"Hermanus is baie mooi, maar drukbesig oor DEC-periode."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Shelley Point TF22"Amazing place to relax and enjoy amazing views of the beach."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
25 The Tides"Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Wonderlike skoon dorpie. Plaaslik en vriendelike gemeenskap met alles wat jy soek vir 'n rustige wegbreek weg van die gejaag van die Kaap. Werklik 'n belewinis!"
Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad
A Place in Thyme B&B"Die vriendelikste, behulpsaamste mense ooit."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Piekenierskloof Mountain Resort - Dream Resorts"Baie rustige area, mooi uitsig, kalm atmosfeer."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Windsor Hotel Hermanus"We love Hermanus and try to do the breakaway as often as possible. The views, food and restaurants are excellent. There is more than enough to do and the galleries is worth a visit."
"Tulbagh is uitstekend tussen die berge en naby Paarl geleë. Ons sal definitief weer kom en ons sal volgende keer ook die Drostdy Hof daar besoek!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandra's Guest House"Excellent tourism destination for people who love the sea and the beach. It's situated centrally to visit neighbouring interesting villages and places ."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Home Grown"Dit is 'n pragtige dorpie en sou graag langer wou oorbly om meer te kon sien. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Mooi wynstreek en pragtige omgewing."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
16 Mile View Beach House"Die dorp is pragtig en ons sal graag weer daar wil vakansie hou."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster Place"Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandy's Place"Ek was heel verras hoe die dorp lyk: mooi, interessant en skoon."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Cottage 4"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Baie sentraal om die platteland (Boland) te verken en beskik oor die nodige winkels vir basiese benodighede. 'n Vyfsteratletiekbaan [1 van net 3 in ons land) waar ons seun kon oefen. Goeie restaurante net buite die pragtige dorpie."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Rawsonville Guest House"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."