Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Rustige voorstedelike woongebied en die ligging hang mos maar af van waar jy wil wees. Straat name is lekker duidelik."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie wat sy eie bekoring inhou. Die restaurante en winkeltjies kan mens vir ure besig hou en Golden Gate is nie ver daarvandaan nie."
"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
"Mooi, maar onnodig duur. Daar is wel 'n paar oulike winkeltjies en 'n goeie bakkery."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met die oulikste winkeltjies en restaurante. Sou graag langer daar wou oorbly."
"Ek is mal oor Clarens as bestemming, dis naby aan Johannesburg wat dit perfek maak vir 'n naweekwegbreek. Golden Gate is om die draai waar ek en my man altyd gaan bergklim of die wandelpadjies gaan besoek met die motorfiets. Clarens self is fantasties met al die restaurante, uitstekende kos, oulike winkels en vriendelike mense. Clarens het verseker 'n spesiale plekkie in my hart en ek sal elke jaar teruggaan! "
"Clarens is a stunning town, love the hiking trails in Golden Gate. Perfect setting for a nice weekend away."
"Clarens is soos 'n weggesteekte juweel. Die berge betower jou, en is die ideale wegkruipplek vir 'n naweek. Pragtige eetplekkies, lekerste snuffelwinkeltjies. "